kategorieë: KalenderOntspanning

Kom kuier saam met Vickie de Beer by die Muskadelfees op Barrydale

Kom kuier saam met Vickie by die Muskadelfees op Barrydale. Inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kom kuier saam met Vickie de Beer by die Muskadelfees op Barrydale

rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, gaan op Saterdag 31 Augustus 2019 ’n feesmaal voorberei in die unieke en lieflik mooi Karoo Art Hotel op Barrydale.

Allesverloren-wyn en -muskadel gaan saamkuier om die aand in ’n ware smulfees om te tower.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Karoo Art Hotel op Barrydale is ’n besonderse vierster- boetiekhotel met 15 luukse kamers, elk met sy eie ontwerp en unieke tema. Alle vorme van kuns word in die hotel gevier. Dis die tuiste van ’n verskeidenheid kunswerke teen die mure, opwindende musiekaande en natuurlik ook die kuns van kos en wyn. Maak sommer ’n lekker naweek daarvan en benut hul spesiale afslagpryse vir verblyf!

Vyf geslagte van die Malan-familie maak reeds sedert 1704 wyn op  Allesverloren. Dié wynplaas teen die hange van Kasteelberg in Riebeek-Kasteel lewer groot, robuuste wyne danksy die klipperige sandsteengrond wat sorg vir diep, sterk wortels. Die wyne is dieprooi met gekonsentreerde vrugte en diep smake.

Hoeveel kos dit?

Die ete met wyne ingesluit kos slegs R500 per persoon.

Die Karoo Art Hotel bied ook ’n baie spesiale afslag vir verblyf vir die aand:

R700 pp (R800 vir enkelbesprekings) wat deel vir ’n Klein Karoo- kamer (onbyt ingesluit)

R800 pp (R1 000 vir enkelbesprekings) wat deel vir ’n Groot Karoo-kamer (ontbyt ingesluit)

Hoe om te bespreek:

e-pos: reservations@karooarthotel.co.za

Die hotel neem geen telefoniese navrae nie – slegs per e-pos

Meld duidelik op jou e-pos dat jy ’n rooi rose-leser is.

Op die spyskaart

Allesinsluitende prys van R500.00

Hoofsaaklik Allesverloren-muskadel, maar ook shiraz en ander wyne uit hierdie stal

Voorafhappie: Muskadelkelkie met brie op brioche afgerond met pere in muskadel geposjeer

Voorgereg: Eendlewerpatee met muskatjellie en amandelbrood-melba

Hoofgereg: Varkrafeltjievleis  met soetpatat en groente

Nagereg: ‘n Proesel kultuur van oor die water:

Tarte tatin met gorgonzola-roomys

Kom kuier saam met Vickie de Beer by die Muskadelfees op Barrydale

Kook soos Vickie! Kry haar smullekker-resepte hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.