Kom kyk Kamelias hierdie naweek by Vergelegen. Inligting en foto’s verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Kamelia-entoesiaste kan hulle regmaak vir ’n lieflike naweek gevul met die skouspel van kamelias by die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset Wes.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hul jaarlikse Kamelia-naweek vind op 27 en 28 Julie 2019 by die 319 jaar oue wynlandgoed plaas. Vergelegen is boonop onlangs as Afrika se beste wynplaas aangewys tydens die wêreld se beste wynlandgoed-kompetisie!
Die landgoed is die tuiste van Suid-Afrika se enigste internasionale kamelia-tuin. Vergelegen is nege jaar gelede bekroon as een van slegs 39 internasionale kamelia-tuine van uitnemendheid en net een van twee in die suidelike halfrond.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Alles wat jy moet weet oor Vergelegen se ‘winterrose’
Die pragtige pienk, rooi en wit blomme, wat sowat 550 Kamelia-kultivars verteenwoordig, is vandeesmaand in blom. Besoekers kan op hul eie stoom besoek aflê of plek bespreek in een van twee daaglikse toere op Saterdag- asook Sondagoggende en -middae, gevolg deur verversings in die Stables-restaurant.
Die oudste kamelia-aanplantings by Vergelegen is die klassieke kamellia japonica kultivars, waarvan die meeste groot, volgroeide struike van tot vyf meter hoog is. Gaste kan die plante op drie plekke besigtig: by die groot grasperk, by die groot Kamferbome, en aan die oewer van die Lourensrivier.
Die toere onder leiding van die tuinboukundige, Richard Arm, duur een en ‘n half uur en elke groep het plek vir 25 mense. Dit kos R140 per persoon en sluit die toegangsfooi, tee, koffie en ‘n verskeidenheid koeke by Stables in. Die toere begin soggens om 09h00 en smiddae om 14h30.
Bespreking is noodsaaklik.
Bel 021 847 2156, of e-pos stables@vergelegen.co.za.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.