Kom verwyl die ure op dié bekende stoep

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Lucy Markewicz

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die bekroonde wynplaas, Vriesenhof, op Stellenbosch, die plek waar die oud-Springbok Jan Boland Coetzee en Kanonkop se eerste wynmaker, sedert 1980 internasionaal-geliefde wyne maak, het pas ‘n nuwe hoofstuk tot hul geskiedenis bygevoeg: ‘n restaurant wat die hele plaashuis oorgeneem het, skryf Maryke Roberts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die herehuis op Vriesenhof is omskep in ‘n pragtige, nostalgiese restaurant, Die Stoep.

Die restaurant, Die Stoep, laat jou weer kind op jou oupa se plaas word: jy trek in die winter al agter die sonnetjie aan en in die somer al agter die skaduwee. Binne die huis met sy dik mure, swaar houtbalke en die seëninge van die voorvaders, is die spens gevul met die beste voorrade uit die omgewing; die buite oond brand vir pizzadeeg en geroosterde geregte van weleer.

Die dekor is nostalgies en mooi en vars.
Keurige kunswerke en ‘n pragtige keramiek-teël kunswerk versier die mure.
Die intieme hoekies regdeur die ou huis is die ideale plek om tot rus te kom.

Die spyskaart is eenvoudig en kompak, maar boet beslis nie op geur in nie. Daar is onder meer kalamata-olywe met suurlemoen, knoffel en brandrissie; krakerige artisjokke met knoffel aioli, koljander en pietersielie-olie of gebraaid oesters met confit suurlemoen en vinkel; of kaas-en-vleis charcuterie met soetigheid en suurdeeg melba om te peusel terwyl jy die wyne per glas kan bestel.

Die spyskaart is vol liplekkertes wat met die plaas se bekroonde wyne geniet kan word.

Die biefstuk, Chalmar sirloin, word met handgesnyde skyfies en confit sampioen, krakerige pancetta en ‘n rooiwyn jus bedien. Pasmaat dit met ‘n glas Kallista 2020 en die Kaap is weer Hollands!
Die spyskaart se braaigeregte word alles oor die kole gemaak en wat kan dan nou lekkerder wees as Cote de Boeuf – 1 kg met geroosterde knoffel en beenmurgsous – om te deel met vriende natuurlik!

Vir voorgereg kan jy kies tussen lekkertes soos erfenis-tamatieslaai; steak tartare, Burrata met geroosterde murgpampoentjie of geelstert crudo met gerookte eiervrug.

Hoofgeregte word alles oor die kole berei en sluit van geskroeide broccoli met beet hummus en chimichuri tot gebraaide swaardvis met basilie-kappertjiebotter en vinkel-komkommerslaai tot geelvin tuna, geroosterde varklies met geskroeide pynappel of biefstuk met beenmurg jus in.

As jy nie baie honger is nie en eerder meer van die wyne wil proe, loer gerus na die sydisse. Geen doodgewone rys of gebakte aartappel hier nie. O, nee. Laat jou mond water vir gebraaide Napa-kool met spek, sprietuie en wortelpuree; geskroeide vy, bokmelkkaas, roket en heuning vinaigrette; geroosterde beet met okkerneute, feta en ment of geskroeide geelmielie met spesery grondboontjie en koljander.

Vir dié wat nie honger is nie, is daar kaas-en-vleis charcuterie met soetigheid en suurdeeg melba om te peusel terwyl jy die wyne per glas kan bestel.
Al die wyne is per glas beskikbaar en jy kan aan olywe en artisjokke en ander snoepgoed peusel.

Pizza-slawe sal ver gaan om pizzas soos hierdie te kry. Dit word met 48 uur oue suurdeeg gemaak; met die hand gerek en die bestanddele is die ware Jakob: van fior di latte tot Serrano ham en San Marzano-tamaties.

Jy kan vir nagereg nog ‘n glas wyn bestel en die kaasbord geniet, of iets ligter soos die braambessie pannacotta met ‘n lemmetjiekors, maar as jy behoorlik wil poering, oorweeg die kole gebakte donkersjokolade en lemoen potjie fondant. Dit kom met melktert roomys en is genoeg vir twee of drie mense – afhangend van die vraatsug-vlak!

Al die plaas se bekroonde wyne is per glas of per bottel beskikbaar. Vriesenhof is lid van Stellenbosch Wynroetes, die land se oudste en grootste wynroete.

Lees ook: Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Daar is verskeie hoekies geskep waar jy in vrede kan wyndrink, aan lekkernye peusel en kyk hoe die sonlig oor die berge val.

Ek dink die webwerf-beskrywing dat Die Stoep ‘n “ontvlugting na tradisie met asemrownde uitsigte en ‘n warm, rustieke atmosfeer” bied, heeltemal in die kol is. Jy voel nie net versadig van die maag nie, maar ook van die gees as jy weer deur die lae hekkie in die wit muurtjie terugstap na jou motor toe.

Ek leen sommer hier by die gewilde sanger, Jak de Priester, wat op ‘n slag ‘n hele rubriek gewy het aan die waarde van ‘n stoep. Hy noem ‘n stoep ‘n “seëning”.

Sela.

Lees ook: Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hier’s die spelers van ‘Die Brug’ se nuwe seisoen – en die spanning loop reeds hoog!

Die wag is verby en die aap is amptelik uit die mou!  Die brug seisoen 2…

2 hours Gelede

Afrikaans vier 100 jaar! Hier’s 10 feite oor ons mooi taal

Afrikaans is 'n unieke taal met 'n ryk geskiedenis en kultuur, hier is ’n paar…

7 hours Gelede

Sitruskolwyntjies vir Moedersdag

Avokado-olie wat geen teenvetsure bevat nie en cholesterolvry is, is die ideale olie om in…

11 hours Gelede

‘Op Skou’: Nege goed wat jy moet weet van mense en hul honde-passie 

Ja, die mens se beste vriend beskik oor die vermoë om vinniger as blits tussen…

1 day Gelede

Geurige kaassous

Maak 1,6 liter Bestanddele   110 ml (1⁄3 k + 2 e) botter 75 ml…

1 day Gelede

Dr Judey Pretorius, die brein agter BioMedical Emporium, is gemaklik in haar vel

Deur Karla Janse van Vuuren. Foto’s: Verskaf     Het jy al ooit in die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.