kykNET verwelkom vir Lise Swart terug as aanbieder van hierdie watertandreeks wat voorgesit word deur die gesoute vervaardiger Riaan Badenhorst (van Boerekos-faam) en Blixem Produksies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Lise hou van onopgesmukte, eerlike kos en is van nature nuuskierig. Sy is dus die ideale aanbieder om kykers op hierdie nuwe Kook en Geniet–avontuur te vergesel. Sy gaan weekliks by verskillende mense aanklop om resepte en wenke uit dié boek, wat sedert 1951 elke kook-entoesias, sjef en amateurkok met meer as 700 beproefde resepte inspireer. Kykers sal ook vir Eunice en Heleen, die dogters van die bekende Kook en Geniet-outeur S.J.A. de Villiers, ontmoet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dit is vir kykNET ’n voorreg om dié ikoniese resepteboek se geskiedenis weer nuwe lewe te gee in ’n reeks waar almal die storie van Mev. S.J.A. de Villiers kan aanhoor. Lise sien uit daarna om haar kookvernuf op te skerp, aangesien sy nou self ’n Kook en Geniet besit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Kook en Geniet: Woensdae-aande om 20:00 op kykNET DStv kanaal 144 vanaf 5 Julie 2017.
Klik hier vir ’n voorsmakie van aanbieder Lise Swart agter die skerms tydens verfilming
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.