kategorieë: Blogs

Koop vintage winskopies!

Ek is onverantwoordelik lief vir vintage items. Veral klere en bybehore. Dit raak egter al moeiliker om goeie fondse op te spoor.
Naweke snuffel ek orals rond op soek na dáárdie item: die item wat my na die volgende Jackie O gaan laat lyk, of te minste dan Grace Kelly. En ek vind hulle. Dikwels weggesteek tussen rommel wat geen vintage waarde het nie.

Een van my onlangse vintage-kopies

MY SNUFFEL-LYS

SPCA / ander liefdadigheidswinkels

Van my beste fondse kom van die SPCA winkels af. Hierdie winkels is egter nie orals te vind nie. Ek vind dat hulle dikwels weggesteek is in kleiner dorpe. Veral ‘kunsdorpies’ se SPCA winkels (of soortgelyke liefdadigheidswinkels) lewer goeie fondse op. My gunsteling winkel is in Darling, in die Wes-Kaap.

Museums

Sommige museums het ‘n klein winkel waar items wat nie uitgestal word nie, verkoop word. Hierdie winkels lewer meestal breekware op, maar af en toe is jy gelukkig en kom af op ’n victoriaanse naghemp of ’n paar 20’s drop oorbelle wat hulp nodig het. Veral die museums in piepklein dorpies lewer goeie fondse op. Maak egter seker dat hulle jou nie ’n rat voor die oë draai nie- net omdat die museum dit verkoop, beteken dit nie dit is die real thing nie. Met tyd sal jy hiermee ’n aanvoeling ontwikkel.

Markte

Markte is ‘n goeie plek om na fondse te soek en jy kan bietjie onderhandel oor wat jy bereid is om te betaal. Onthou items op hierdie markte word op dieselfde wyse as tweehandse motors verkoop- voetstoots. Wees seker dat daardie leer handsak, regtig leer is voordat jy dit koop. Daarna word die skouers net opgetrek.
Markte wat al goeie fondse vir my opgelewer het, is Milterton Market, Potchefstroom se Antieke Mark en Irene Mark.

Vintage winkels

Daar is deesdae heelwat winkels wat spesialiseer in vintage ware. Hierdie winkels kan goeie fondse oplewer. Ek het byvoorbeeld al ’n 30’s Chanel rok gesien by Second Time Round in die Kaap. Ongelukkig is hierdie winkels heelwat duurder en wissel die kwaliteit van jou aankope van item tot item. Dit is egter die plek om te wees as jy iets vir ‘n spesiale geleentheid soek.

Jou groottannie se kas

In my geval het ek ’n tannie met ’n fantastiese klerekas wat my van tyd tot tyd bederf. En ’n ouma met ’n goeie hart. Mense bemaak dikwels oulike goedjies aan jou, indien hulle weet jy koop vintage.
Vintage juwele op porselein bord

Lees volgende week meer oor vintage kopies!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tot volgende keer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

HOU JOU DAGBOEK OOP

  • 11 en 12 Mei vind VINTAGE, WITH LOVE 10h00 – 16h00 in Bryanston plaas. Kaartjies kos R50. Boek joune by www.webtickets.co.za.Vir meer inligting besoek hul Facebook-blad hier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.