Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème voed en skilfer jou vel af vir ’n helder voorkoms, terwyl die Even Tone Deodorant en Roll-on jou onderarms glad en egalig laat lyk. Perfek vir ’n bietjie daaglikse luuksheid!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

R56,99

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Beskikbaar by jou naaste winkel of aanlyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Chalmar Beef-produkte

Die Secret Garden-vetseep bevat ondertone van pienk pioenroos en fluweelsagte vanielje. Die geur herinner aan ’n tuin waarin die blomme oopgaan, en dis ryk aan vitamiene A en E.

R28 elk, www.cfkitchen.co.za

Die reeks handgemaakte kerse is ’n unieke mengsel van suiwer talg en byewas wat met botaniese olies gemeng word.  Die Farm Kitchen Garden-vetkers stuur ’n gebalanseerde samesmelting van kruiegeure, soos salie, basilie en roosmaryn, in die lug.

Beskikbaar in twee groottes teen R165 en R220, www.cfkitchen.co.za

RefectoCil

Tint jou wenkbroue enige tyd, enige plek en sonder foute met BeautyLash® by RefectoCil® Two Go Full Brow Tinting Pens. Beskikbaar in bruin en swartbruin.

R370 vir (9 ml) 20 aanwendings

Takealot.com en www.refectocil.co.za


BeautyLash® by RefectoCil® Brow Glow

Die Brow Glow Instant Lift & Style Gel hou wenkbrouhare heeldag in plek en gee dit ’n glansende voorkoms, diep bevogtiging en beskerming, veral ná kleurbehandelings.

R250 (14 ml)

Takealot.com en verskaffers gelys by www.refectocil.co.za

LOAM Pure Parfum: Botanical Sample Collection van Fijn Botanicals

’n Geskenkversameling van die LOAM Pure Parfum-reeks: 100% natuurlike Eau de Parfum, wat deur Fijn Botanicals handgemaak is met botaniese aftreksels.

R425

fijnbotanicals.com

‘n Boek van Penguin Random House

Antjie Krog verbreek grense met Die binnerym van bloed – ’n diep persoonlike verhaal oor liefde, veroudering en nalatenskap.

R360

Beskikbaar by jou naaste boekwinkel of aanlyn

GARDENA-hulpmiddels

Vir ma’s wat tuinmaak effens makliker wil maak, is die GARDENA City Gardening AquaBloom Solar Powered Irrigation Set ideaal.

R2 049,99

www.gardena.com

Ma kan tuin op haar balkon maak met die GARDENA City Gardening Balcony Box

R923,99

www.gardena.com

The Wine Drops

Hou jou ma van ’n glasie wyn, maar die sulfiete daarin laat haar gou sleg voel? Probeer The Wine Drops wat sulfiete neutraliseer.

R135

www.thewinedrops.co.za, of Takealot of Amazon en winkels soos op die webwerf

Veldskoen-pantoffels en -gumboots

Bederf jou ma met die perfekte geskenk – snoesige Veldskoen-sloffies/pantoffels vir daardie koue nagte en stylvolle gumboots vir wanneer sy langs die rugbyveld kom ondersteun. Perfek vir mammas wat alles doen!

R1 599 – pantoffels

R699 – gumboots

www.veldskoen.com

Harvest Table Multi Collagen Radiance 350 g-sakkie

Gee vir Ma ’n helder vel met die Multi Collagen Radiance wat vir ’n jeugdige, lewendige gloed sal sorg.

R859

Beskikbaar by www.harvesttable.co.za

Harvest Table Multi Collagen Granules 350 g-bottel

Blaas nuwe lewe in haar skoonheid. Gee vog ’n hupstoot, verminder plooie, bevorder elastisiteit. Die resultaat is ’n vel wat gevoed is, sterker hare en gesonder naels.

R649

Beskikbaar by www.harvesttable.co.za

Katy Rose-oorbelle

Mooi en helder! Katy Rose-oorbelle is sorgsaam met die hand gemaak en is in ’n verskeidenheid van style, groottes en kleure beskikbaar.

R675

Beskikbaar by www.katyrosesa.co.za

Serp

’n Stylvolle, liggewigserp, perfek om so bietjie elegansie by enige uitrusting te voeg.

R180

Beskikbaar: Winkels en aanlyn – www.contemposhop.co.za

Handsak

’n Stylvolle, gewatteerde bruin sak met ’n slanke ontwerp wat elegansie, duursaamheid en genoeg plek bied om alledaagse benodigdhede in te bêre.

R190

Beskikbaar: winkels en aanlyn – www.contemposhop.co.za

Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

10 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

13 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

13 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

14 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

15 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.