kategorieë: KosMaklik en vinnig

Kosblik-idees week 2

Beplan vir elke week

* Koop ook vars vrugte, groente en sappe saam met die bestanddele vir die week se middagetes en kosblikhappies
* Maak van die geregte wat gevries kan word. ’n Mens het naweke meer tyd vir bak, laat die kinders help en bak sommer al Sondagaand die muffins of neutkoekies
* Koop genoeg koeldrankbotteltjies en vries vyf sappies vir die komende week
* Koop liefs volgraanbrood vir die toebroodjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

LEES OOK: Kosblik-idees week 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maandag (middagete-idee)

Gebakte aartappels met spek en sousboontjies
Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bak die groot aartappels Sondag vir sowat ’n uur by 200 °C tot sag. Maak dit dan net Maandag vinnig in die mikrogolf of oond warm.

• 4 x 250 g groot, gaar aartappels
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 8 repies swoerdlose rugspek, in blokkies gesny
• 1 x 400 g-blikkie sousboontjies in tamatiesous
• sout
• 60 ml (¼ k) gerasperde cheddarkaas
• 60 ml (¼ k) suurroom
• 60 ml (¼ k) gekapte sprietuie

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit ’n middelslagpan en braai die spek tot bros.
2 Voeg die boontjies by en braai tot deurwarm.
3 Sny in die lengte ’n doppie van elke aartappel af. Skep versigtig ’n bietjie van die aartappel uit en meng dit deur die boontjiemengsel. Geur met sout indien nodig.
4 Skep die mengsel terug in die aartappels.
5 Strooi die kaas oor en bak die aartappels tot goudbruin en warm.
6 Sit voor saam met die suurroom en sprietuie.

Nog idees met gebakte aartappels
* Gebruik oorskietmaalvleis op dieselfde manier op gebakte aartappels (gebruik ons basiese maalvleissous van Maandag, Week 1).
* Jy kan ook nét kaas gebruik. Vervang die spek en boontjies deur 60 ml (¼ k) ricotta en 60 ml (¼ k) gerasperde mozzarella.
* Vervang die boontjiemengsel deur 400 g (±2 klein blikkies) geblikte tuna of salm.

Dinsdag (kosblik-idee)

Broodjies met maaskaas en aarbeikonfyt
– genoeg vir 2

Gebruik liefs volgraanbrood vir die kinders se toebroodjies – hulle het die vesel in hul dieet nodig én dis gesonder. Sny met ’n stervormige koekiedrukker ’n patroontjie uit die boonste snytjie van elke toebroodjie om die broodjie mooier te laat lyk.

• 4 snye volgraanbrood
• margarien
• geroomde maaskaas en aarbeikonfyt

1 Sny met ’n koekiedrukker ’n vormpie uit die boonste snytjie van elke toebroodjie.
2 Smeer genoeg margarien op die onderste broodjie gevolg deur maaskaas.
3 Smeer laastens ’n lagie aarbeikonfyt oor en sit die broodjie met die vormpie bo-op.

Onthou wanneer jy toebroodjies maak
* Gebruik ’n verskeidenheid brode soos rogbrood en ciabatta sodat die moeilike eters nie verveeld raak met die daaglikse broodjies nie. Pitabrode en tortillas is ’n lekker variasie op die gewone broodjie.
* Smeer die broodjies met gegeurde botter: Maak die botter sag en geur dit met suurlemoenskil of ’n verskeidenheid gekapte kruie en rol dit in rolletjies in kleefplastiek toe. Gebruik wanneer nodig.
* Fyn biltong gemeng met botter is heerlik, en ewe lekker as dit oor geroomde maaskaas gestrooi word.
* Sit oorskiet soos boerewors, hoender, maalvleis of lamsvleis op die toebroodjies. Gerookte en geblikte vis soos forel, snoek, salm en tuna werk uitstekend.
* Smeer die botter tot op die hoeke van die broodjies sodat die brood nie pap word of uitdroog nie.
* Avokado is superkos vir kinders – gooi net suurlemoensap oor sodat dit nie verkleur nie.
* Rasper aan die begin van die week genoeg kaas en hou dit in ’n digsluitende houer in die yskas om tyd te bespaar.

Woensdag (kosblik-idee)

Spingmielies met heuning en klapper
– genoeg vir baie

• sonneblomolie, genoeg om die boom van ’n middelslagkastrol te bedek
• ½ k springmielies
• 250 g (1 k) suiker
• 100 ml (1/3 k + 2 e) water
• 185 ml (3/4 k) heuning
• 80 g (1 k) klapper
• papierkegels

1 Gooi genoeg olie in ’n middelslagkastrol om die boom te bedek.
2 Gooi die mieliepitte in en skud die kastrol ’n bietjie sodat die pitte eweredig oor die boom versprei is en die pitjies met ’n bietjie olie bedek word.
3 Sit die deksel op en verhit die kastrol oor matige hitte. Hou die deksel op tot die pitte ophou skiet.
4 Smelt intussen die suiker in die water oor lae hitte.
5 Laat kook ná dit heeltemal gesmelt het. Hou die heuning ’n entjie bokant die mengsel en giet stadig by. Kook vir nog ’n minuut.
6 Giet die suikermengsel oor die springmielies en roer die klapper deur. (Ons het vierkantige velle papier in kegels gerol en die springmielies daarin geskep, maar jy kan dit ook in kleurryke papierkoppies of kolwyntjiepapiertjies gooi.)

Donderdag (middagete-idee)

Heuning-en-sesamsaad-hoenderboudjies
– genoeg vir 6 kindertjies

Dié boudjies is heerlik taai, en kan ook oor die kole gebraai word.

• 60 ml (¼ k) heuning
• 60 ml (¼ k) sojasous, verkieslik ligte soja wat minder sout bevat
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 30 ml (2 e) sesamsaad
• 12 hoenderboudjies

1 Meng al die bestanddele tot by die sesamsaad in ’n glas- of plastiekbak en laat lê die hoenderboudjies vir sowat ’n halfuur daarin in die yskas.
2 Verhit die oond tot 180 °C en bak die hoender vir ±20 min. tot gaar. Sit voor met kapokaartappels of aartappelslaai en soetmielies.

Vrydag (snoephappie-idee)

Droëvrugte-en-spesery-pankoekies
– genoeg vir 6

Die kinders kan die koekies gou self maak. Dit hoef nie eens in ’n koekpan gebak te word nie, maar kan sommer in ’n pannetjie gedruk word. Maak net seker die pannetjie pas in die oond. Breek die koekies dan net in happiegrootte brokkies vir die kinders.

• 100 g (½ k) botter
• 125 ml (½ k) strooisuiker
• 1 eiergeel
• 250 ml (1 k) meel
• 1,25 ml (¼ t) gemengde spesery
• 125 ml (½ k) klapper
• 30 ml (2 e) gekapte, gedroogde appelkose
• 30 ml (2 e) gekapte, gedroogde appel
• 30 ml (2 e) korente
• 30 ml (2 e) sultanas

1 Voorverhit die oond tot 160 ºC.
2 Room die botter en die suiker saam tot lig en romerig.
3 Voeg die eiergeel by en klits goed.
4 Voeg die meel, gemengde spesery, klapper, appelkose, appel, korente en sultanas by en meng goed tot ’n deeg vorm.
5 Sit die deeg in ’n 21 cm-braaipan en strooi van die klapper oor. Bak vir ±15-20 min. tot goudbruin en ’n toetspen skoon uitkom.
6 Laat in die pannetjie afkoel, en breek in stukke.

Wees-slim-idee

* Voeg soveel moontlik ekstra groente soos ertjies, gerasperde wortel en mielies by geregte soos die herderspastei. (Bevrore ertjies en mielies bevat net soveel voedingswaarde soos hul vars eweknieë.)

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.