kategorieë: KosMaklik en vinnig

Kosblik-idees week 3

Beplan vir elke week

* Koop ook vars vrugte, groente en sappe saam met die bestanddele vir die week se middagetes en kosblikhappies
* Maak van die geregte wat gevries kan word. ’n Mens het naweke meer tyd vir bak, laat die kinders help en bak sommer al Sondagaand die muffins of neutkoekies
* Koop genoeg koeldrankbotteltjies en vries vyf sappies vir die komende week
* Koop liefs volgraanbrood vir die toebroodjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

LEES OOK: Kosblik-idees week 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

LEES OOK: Kosblik-idees week 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maandag (middagete-idee)

Hoenderburgers in pitabroodjies
– genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die gekrummelde hoenderstukke is gou gaar en heerlik op toebroodjies en burgers of in pitas en tortillas.

• 2 hoenderborsies, vel en been verwyder
• 125 ml (½ k) koekmeel, gegeur met sout
• 125 ml (½ k) vars broodkrummels, (gebruik liefs volgraanbrood)
• 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaan
• 2 eiers, liggies geklits in ’n klein bakkie
• 4 klaarbereide pitabroodjies, verhit volgens die vervaardiger se aanwysings
• 125 ml (½ k) bevrore soetmieliepitte, ontvries
• ’n hand vol kersietamaties, gehalveer
• slaai of kruieblaartjies vir opdiening
• ’n skeppie mayonnaise vir elke pitabroodjie

1 Sny die hoenderborsies in die dwarsste middeldeur sodat jy 4 identiese, dunner filette het. Sit elke filet tussen twee stukkies kleefplastiek en slaan met ’n rolstok plat.
2 Sit die koekmeel in ’n bakkie en meng die krummels en kaas saam in ’n ander bakkie.
3 Doop elke filet eers in die eier, laat die oortollige eier afloop, dan in die koekmeel en rol laastens in die krummels.
4 Die filette kan in die stadium in afsonderlike vriessakkies gevries word, of onmiddellik in ’n bietjie olyfolie in ’n pan gebraai word.
5 Braai oor matige hitte, anders brand die krummels aan voor die hoender gaar is.
6 Sny elke filet middeldeur en “bou” die pitabroodjies so: Sny elke pitabroodjie middeldeur en sit ’n halwe filet in elk gevolg deur mielies, tamaties en blaartjies.
7 Skep laastens ’n bietjie mayonnaise in elke helfte.

Dinsdag (middagete-idee)

Vinnige sousboontjiesop met kaaswiggies
genoeg vir 4

• 3 x 220 g-blikkies sousboontjies in tamatiesous
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 1 ui, fyn gekap
• 250 g (1 pakkie) repiesspek, gekap
• 2 knoffelhuisies
• 300 ml hoenderaftreksel
• 1 x 400 g-blik tamaties, gekap
• 30 ml (2 e) Worcestershire-sous

Kaaswiggies
• 3 middelslagaartappels
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 5 ml (1 t) paprika
• 100 g (1 k) gerasperde cheddarkaas

1 Voorverhit die oond tot 190 ºC.
2 Maak eers die kaaswiggies: Sny elke aartappel in 6 wiggies. Meng die olie en paprika in ’n bakkie. Sit die aartappels daarin en meng goed deur. Bak die wiggies vir 35 min. op ’n bakplaat.
3 Verpulp intussen die helfte van die boontjies in ’n voedselverwerker, of druk met ’n aartappeldrukker fyn.
4 Verhit die olie in ’n groot kastrol, voeg die ui en die spek by en soteer vir 5 min. roer tussendeur. Voeg die knoffel by en soteer vir nog 2 min.
5 Voeg die verpulpte boontjies, heel boontjies, aftreksel, tamaties en Worcestershiresous by, meng goed en bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat prut vir 20 min. Roer die sop deurentyd.
6 Strooi die kaas oor die aartappelwiggies en bak vir nog 5 min. Sit saam met die sop voor.

Woensdag (snoephappie-idee)

Droëvrugte-en-neut-koekies
– genoeg vir 12 sterre en 12 balletjies

Dié mengsel is uniek omdat dit rou of gaar geëet kan word. Dis propvol vesel en energie en die ideale happie vir skool. Ons het die mengsel verdubbel en een helfte in stervorms gebak en met die ander helfte balletjies gemaak wat in klapper gerol word. Die koekies hou vir sowat ’n week, maar die rolletjies moet binne twee dae geëet word.

• 200 g (1½ k) neute soos amandels, pekanneute, haselneute en okkerneute
• 100 g droëvrugte (ons het 30 g (2 e) sultanas, pruime, 2 gedroogde mangostukke en 3 appelkose gebruik, maar jy kan jou eie keuse maak)
• 15 ml (1 e) pampoensaad
• 80 g (1 k) klapper
• 90 ml (6 e) melk
• 15-30 ml (1 – 2 e) sonneblomsaad
• 30 ml (2 e) bruinsuiker

1 Voorverhit die oond tot 180 ºC.
2 Maak die neute, vrugte, pampoensaad en klapper in ’n voedselverwerker fyn. Voeg die melk bietjie vir bietjie by tot dit bymekaarkom.
3 Skep opgehoopte teelepels vol deeg op ’n bakplaat en druk met ’n lepel plat sodat dit ’n 5 cm-sirkel vorm (ons het ’n sterretjieskoekiedrukker gebruik) en strooi die sonneblomsaad oor.
4 Bak vir 15 min. of tot goudkleurig. Laat vir 5 min. afkoel op die bakplaat. Berg in ’n lugdigte houer.

Donderdag (kosblik-idee)

Tuisgemaakte burgers
– genoeg vir 8 frikkadelle

Maak die frikkadelle oor die naweek en vries in afsonderlike vriessakkies sodat jy net een op ’n slag kan gaarmaak vir middagete of vir ’n kospakkie. Ontvries dit oornag in die yskas vir die volgende dag.

Frikkadelle
• 500 g gemaalde maer maalvleis
• 1 klein uitjie, gekap
• 1 sny witbrood, gekrummel
• 60 ml (¼ k) volroom- Griekse jogurt
• 10 ml (2 t) Worcestershire-sous
• sout en gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) olyfolie

Broodjies
• Sagte hamburgerrolletjies (jy kan ook bruin rolletjies gebruik)
• blaarslaai
• tamatiesous

1 Meng die maalvleis, ui, witbrood, jogurt en Worcestershire-sous en geur met sout en peper.
2 Skep met ’n ½ k-maatbekertjie maalvleisballetjies uit en vorm hamburgerfrikkadelle.
3 Sit elke frikkadel in ’n individuele sakkie en skryf die datum op. Vries tot benodig. Ontvries die frikkadelle indien jy alles gevries het en braai in ’n pan met ’n bietjie olyfolie tot gaar. Sit ’n frikkadel, blaarslaai en tamatiesous op elke broodjie.

Nog idees met hamburgers
* Voeg 1/3 k soetmieliepitte of ertjies by die vleismengsel.
* Braai repies swoerdlose spek en sit saam met die frikkadel en slaai op die burger.
* Pak ’n verskeidenheid goed soos gesnyde tamatie, komkommer, kaas en pynappel uit sodat die kinders dit self op hul burgers kan pak.
* Klaarbereide souse soos hoemoes en tzatziki werk goed op burgers – natuurlik mits jou kinders daarvan hou.

Vrydag (snoephappie-idee)

Ham-kaas-en-pynappel-wiele
– genoeg vir 10 wiele

Ook ’n lekker kosblikhappie wat vir sowat drie dae in die yskas gehou kan word. Laat die kinders help bak en brou.

• 875 ml (3½ k) koekmeel
• 17,5 ml (3½ t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) sout
• 180 ml (¾ k) karringmelk
• 180 ml (¾ k) melk
• 300 g piekniek- of toebroodjieham, in repies gesny
• 1 x 450 g-blikkie pynappelstukke
• 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
• 1 eier, liggies geklits

1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak, en maak ’n gaatjie in die middel.
3 Meng die karringmelk en melk en voeg dit bietjie vir bietjie by die meelmengsel. Meng tot ’n sagte deeg vorm.
4 Knie die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak tot sag en elasties en rol uit in ’n vierkant van sowat 20 x 40 cm.
5 Pak die ham, kaas en pynappelstukke op die deeg.
6 Rol die deeg op in ’n lang wors en sny 10 happies uit die deegrol.
7 Pak plat teen mekaar op ’n bakplaat, smeer met geklitste eier en bak vir 25 min. tot goudbruin en gaar. Eet lekker warm.

Wees-slim-idee

Maak die hele resep vir die hoender- en beesvleisburgers, maar vries die frikkadelle individueel. Met een keer se moeite kan jy ’n hele paar weke daarvan gebruik.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.