kategorieë: KosMaklik en vinnig

Kosblik-idees week 4

Beplan vir elke week

* Koop ook vars vrugte, groente en sappe saam met die bestanddele vir die week se middagetes en kosblikhappies
* Maak van die geregte wat gevries kan word. ’n Mens het naweke meer tyd vir bak, laat die kinders help en bak sommer al Sondagaand die muffins of neutkoekies
* Koop genoeg koeldrankbotteltjies en vries vyf sappies vir die komende week
* Koop liefs volgraanbrood vir die toebroodjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

LEES OOK: Kosblik-idees week 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

LEES OOK: Kosblik-idees week 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

LEES OOK: Kosblik-idees week 3

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maandag (middagete-idee)

Basiese macaroni-en-kaas
– genoeg vir 4

Dis maklik om die geurige, basiese macaroni te maak. Ons het soetmieliepitte, ertjies en klein kersietamaties deur die macaroni gemeng, maar jy kan dit net so voorsit. Onthou om die basiese mengsel oor die naweek dubbel aan te maak en die helfte vir Woensdag se spek-eneier-nessies te hou.

• 200 g macaroni
• 125 ml (½ k) room
• 310 ml (1¼ k) melk
• 375 ml (1½ k) gerasperde cheddar
• sout en swartpeper na smaak
• gerasperde neutmuskaat na smaak

1 Kook die macaroni in ’n kastrol met kokende water en ’n bietjie sout tot nét sag. Dreineer en sit terug in die kastrol. 2 Voeg die room, melk en kaas by en plaas oor lae hitte tot die kaas gesmelt is. 3 Geur met sout, peper en neutmuskaat. Roer versigtig deur en dien op.

Maniere om dit voedsamer te maak
* Voeg ’n hand vol soetmieliepitte, ertjies en gekapte kersietamaties net voor opdiening by.
* Vlok ’n gerookte forel, snoek- of makrielfilet met jou vingers en roer deur die pasta. Geblikte tuna of salm wat deeglik gedreineer is, werk ook goed. Gaar oorskietvleis soos hoender, worsies of lamsvleis kan vinnig deur die macaroni geroer word.
* Popeye se kos: Was ’n hand vol spinasieblare deeglik, sny die stingels af en soteer oor lae hitte in ’n pannetjie met ’n bietjie olyfolie. Roer deur die macaroni.
* Kombineer dié basiese resep met die basiese maalvleismengsel van Maandag, Week 1. Rasper ekstra kaas oor en sit vinnig onder die oondrooster vir ’n heerlike aandete.

Dinsdag (kosblik-idee)

Viskoekies
– genoeg vir 6

’n Heerlike en voedsame gereg. Die mengsel kry patats én aartappels in wat dit heilsamer maak. Onthou dit sommer volgende keer wanneer jy kapokaartappels maak: Patats gemeng met gewone aartappels smaak vorentoe.

• 1 groot aartappel (±250 g), geskil en in blokkies gesny
• 1 groot patat (±250 g), geskil en in blokkies gesny
• 1 x 200 g-blik gehalte-salm
• uitgedrukte sap en gerasperde skil van ’n suurlemoen
• sout en swartpeper
• 30 ml (2 e) gekapte pietersielie
• koekmeel om die koekies in te rol
• sonneblomolie vir vlakbraai.

1 Kook die aartappels en patats sag, dreineer en laat effens afkoel.
2 Meng die res van die bestanddele tot by die pietersielie deur die aartappels en patats. Moenie die mengsel te veel meng nie, anders raak dit te pap.
3 Vorm ronde viskoekies. Rol eers in ’n bietjie meel en braai dan in die olie tot gaar en goudbruin.
4 Klad op kombuispapier en laat effens afkoel voor opdiening. (Die viskoekies kan vir twee dae in die yskas gehou word.)

Heilsame snoephappie-idees

* AVOKADO is superkos vir kinders en ’n lekker middagete.
* GROENTE soos kersietamaties, klein worteltjies, mielies, ertjies en komkommerstokkies werk goed.
* SPRINGMIELIES is ’n goeie alternatief vir aartappelskyfies.
* DROËVRUGTE, neute en sade is voedsaam en uitstekende bronne van energie.

Woensdag (middagete-idee)

Spek-en-eier-nessies
– genoeg vir 4

Gebruik die ander helfte van die macaroni wat vir Maandag berei is. Gebruik die kleinste eiertjies wat jy kan kry vir dié resep.

• 1 hoeveelheid basiese macaroni-en-kaas (resep by Week 4, Maandag)
• 8 repies swoerdlose rugspek
• 4 eiertjies

1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Braai die spek tot bros en klad op kombuispapier.
3 Pak twee repies spek in elk van 4 bakkies met ’n inhoudsmaat van omtrent ’n koppie – dit moet die binnekant van die bakkie uitvoer.
4 Skep die macaroni in die spekomhulsel. Maak ’n gaatjie in die macaroni en breek ’n eier in elke gaatjie.
5 Bak tot die eiertjie gaar is. Sit warm voor.

Donderdag (kosblik-idee)

Heuning-en-piesang-brood
– genoeg vir 1 middelslagbroodjie of 6 individuele broodjies

Ons het ons broodjies in klein broodpannetjies gebak, maar jy kan die beslag ook in ’n muffinpannetjie bak. Ons het nie versiersuiker gebruik nie omdat dit mors in ’n kosblik, maar ek sluit die resep in – dis ’n heerlike, gesonde opsie vir ’n partytjiekoek.

• 125 g botter
• 30 ml (2 e) heuning
• 15 ml (1 e) lemoensap
• 50 g (½ k) sultanas
• 155 g (1¼ k) koekmeel
• 10 ml (2 t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) koeksoda
• 110 g strooisuiker
• 2 eiers, liggies geklits
• 2 piesangs, fyn gemaak

Versiersuiker (opsioneel)
• 1 x 250 g-houertjie roomkaas, sag gemaak
• 80 ml versiersuiker
• 25 ml (1 e + 2 t) suurlemoensap

1 Voorverhit die oond tot 150 ºC. Spuit ’n broodpan van 19 x 9 cm met kleefwerende sproei.
2 Smelt die botter, heuning en lemoensap oor lae hitte en roer nou en dan. Voeg die sultanas by en laat afkoel.
3 Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam in ’n groot mengbak. Voeg die suiker, eiers en afgekoelde bottermengsel by en klits vir 3 min. met ’n elektriese klitser of handklitser.
4 Vou die fyn piesang in die mengsel in en skep in die broodpannetjie.
5 Bak vir ’n uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die broodjie in die pannetjie afkoel.

Indien jy versiersuiker wil oorgooi
Meng die roomkaas, versiersuiker en suurlemoensap in ’n mengbak en klits tot glad met ’n elektriese of handklitser. Giet oor die broodjie, sny in skywe en sit voor.

Vrydag (middagete-idee)

Eier-en-sousboontjie-broodjie
– genoeg vir 2

Ons het ’n kampeer-roosterbroodpannetjie gebruik, maar jy kan ’n outydse jafelpan gebruik.

• 4 snye witbrood (of volgraanbrood vir ’n gesonder weergawe)
• margarien om die brood te smeer
• 60 ml (¼ k) sousboontjies
• 2 klein eiertjies

1 Verhit die pannetjie op ’n stoofplaat.
2 Smeer die brood met margarien. Sit eers die onderste sny in die pannetjie met die margarienkant na onder.
3 Skep twee lepels vol sousboontjies in die middel van die brood en versprei dit oor die hele sny. Maak ’n holtetjie in die boontjies en breek ’n eier versigtig daarin.
4 Sit die ander sny brood bo-op met die margarienkant na bo.
5 Bak vir 8-9 min. of totdat die eier gaar, maar steeds sag is.

Nog idees
* Voeg ’n repie bros gebraaide spek by.
* Gebruik oorskiethoender of lappies toebroodjieham saam met skyfies tamatie en kaas. Onthou, tamatie word baie warm en kan klein mondjies brand.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.