kategorieë: KosJy kan

Koskaskulkans

Tortillas

Hierdie Mexikaanse toevoubrood kan gevries word. Rooster op ’n riffelpan om te ontvries. Vul met gaar hoender, tuna of ham, oorskietslaai en ’n skeppie mayonnaise vir ’n vinnige middagete.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bone

Hou blikkies cannelini-, botter- en snyboontjies in jou koskas. Meng met sondroëtamaties, geblikte artisjokke, gekrummelde fetakaas en basiliekruidblare vir ’n blitsige pitavulsel of slaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tuna

Meng roketblare, olywe, gekookte eier, kersietamaties en ’n blikkie tuna vir ’n klassieke Niçoise-slaaipita of tortilla wrap-vulsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pesto

Daar is min geregte wat nie deur ’n paar skeppies pesto opgekikker kan word nie. Deesdae is hulle beskikbaar in al wat ’n geur en kleur is. Roer deur koue pasta, noedels, geroosterde groente of gebruik as ’n smeer.

Rotis

Koop klaarbereide rotis by jou supermark en hou in die vrieskas. Vul met oorskietkerrie of -roerbraai en vat saam werk toe.

Pitas

Verhit gevriesde pitas sommer in die broodrooster. Sny die bokant oop en trek die pita oop sodat dit ’n bakkie vorm. Vul met oorskietmaalvleis, gekapte tamatie en ’n paar kappertjiesade.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.