kategorieë: Ontspanning

Onderhoud: Les Javan

Waaroor gaan die storie?
Die storie speel hom op ’n Karoodorpie af en handel oor die doen en late van die mense wat daar bly. Mense trek om verskillende redes platteland toe en een familie het ’n pynlike geheim wat mettertyd uitkom. 

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe het jy in die wêreld van musiek beland?
Ek het van kleins af klanke en musiek oral om my gehoor, soos hoe die wind deur bome met blare waai, bome sonder blare, deur die gras … Daar is ’n groot verskil. Ek het gesien ander mense bespeel instrumente en het besluit om die goed uit my kop te kry moet ek ’n instrument leer speel. Bekfluitjie was eerste, toe volg die res.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Bietjie persoonlike agtergrond?
Ek is op Kraaifontein gebore en van twee weke oud het ek tussen families op die Weskus geswerf. Op Oom Chrisjan se plaas, naby Piketberg, het ek van die natuur geleer en ook hoe om ’n skaap te slag. Ek het ook in die Wes-Kaap en Karoo gebly, maar ek beskou myself as ’n “Weskus-klong”.

Wat is jou lewensmotto?

Wanneer ons die manier verander waarop ons na die lewe kyk, verander die lewe waarna ons kyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is daar nog ’n CD op pad? Ek het jou lief was pragtig!
Ons gaan teen die middel van die jaar ’n klankbaan-CD vir Vlug na Egipte uitreik. Ek is ook besig om nog ’n Afrikaanse album op te neem, ’n Engelse album gaan die lig sien, asook ’n meer eklektiese jazz-CD.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.