kategorieë: Tuinmaak

Kostuin, deel 4

Ek het dit gedink dit sal makliker wees om die produk wat erdwurms vervaardig humus te noem, maar dit is egter nie heeltemal korrek nie. Sien, dit werk so: ’n Baie groot deel van die organiese materiaal wat in die grond beland, word deur mikro-organismes afgebreek om minerale vry te stel sodat plante dit kan opnneem. Op hierdie manier word stikstof herwin. Dit staan bekend as die stikstofsiklus. Dieselfde geld vir ander voedingstowwe. Dit staan bekend as die voedingstofsiklus. Die hele proses staan dan bekend as mineralisasie. ’n Gedeelte van die organiese materiaal mineraliseer nie, maar vorm nuwe organiese kettings, genaamd polimere. Hierdie polimere is stabiel en weerstandbiedig teen die aksies van mikro-organismes en is dan die donkerbruin of swart gronddeeltjies bekend as humus. Humus bestaan dus nie meer uit selle soos plante en diere nie, maar dit is steeds organies. Dit speel ’n groot rol in die verbetering van grondgehalte en verbeter onder andere die deurlugting en waterhouvermoë van grond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Volgens Rupert van der Merwe van Probio bevorder gesonde grond gesonde plantgroei. Maar dis nie waar dit eindig nie – wat ons eet, beïnvloed die genetiese potensiaal as mense en diere. Ten einde ’n gesonde immuunstelsel op te bou, sal ons moet kyk na die opbou en instandhouding van gesonde grond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Erdwurms en mikro-organismes soos die in Probio-bokasji speel ’n belangrike rol in die gesondheid van grond en gevolglik in die gesondheid van diere én mense.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.