kategorieë: Trends

Pas jou bra?

Dis geen verrassing dat 70% van vroue die verkeerde grootte bra dra nie. Die verkeerde bra kan jou selfbeeld en -vertroue beïnvloed, en dit is gewoonlik vroue met ’n groter borsmaat wat die verkeerde bra dra. ’n Slegte bra sal net meer aandag na die area toe trek. Wanneer jou borsarea nie ondersteun word nie, sal jou borste vinniger elastisiteit verloor en selfs nek en rugpyn veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

The Bra Guru bied ’n gratis diens aan wat vinnig en professioneel is. Hierdie diens is beskikbaar vir alle vroue en sal verseker dat jou klere dadelik beter pas en jou gemakliker laat voel. Hulle het pragtige ingevoerde bra’s wat tot by groottes 56 en koppiegroottes k gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat doen ek verkeerd?

As jou bra net nie reg pas nie of as jy enige van die volgende ervaar, is dit tyd om vir ’n professionele sessie te gaan.

Probleem 1
Die band om jou rug sit te hoog en kruip teen jou rug op. Dit is een van die mees algemene probleme wat ons ondervind. Die oplossing is dat jou rugbandjie kleiner moet wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Probleem 2
Jou borste bult bokant die koppies uit. Vier borste is nie die voorkoms om voor te streef nie. Los die probleem op deur ’n groter koppie-grootte te kry.

Probleem 3
Jou bra lê nie teen die vel van jou bors nie. Maak seker jou borste vul die koppies deur ’n kleiner koppie-grootte te kry.

Probleem 4
Jou borste skei nie. Jou bra is te klein as die deel tussen die koppies nie teen jou borsbeen sit nie.

Probleem 5
Jou bande glip af of grawe in jou skouers in. Jou bra-bandjies kan te groot wees of jou bra kan oud wees as die bandjies te slap is. As jy sukkel met skouers wat afwaarts beweeg, is daar nuttige bykomstighede wat kan help.

Kontak The Bra Guru by 011 268 0358, info@thebraguru.co.za of besoek die webblad by thebraguru.co.za

Bras uit die PrimaDonna reeks.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.