kategorieë: TrendsMode

Is hierdie skoen weer in die mode?

Is hierdie skoen weer in die mode? Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee Hooffoto: Crocs

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“The ugly shoe is here to stay”

Sommige van ons was eers effens skepties toe hierdie bonkige paar sponsskoene, Crocs, aan ons bekendgestel is.

Maar omdat hierdie einste skoen soos ’n droom sit, het dit vinnig in ons kaste ingesluip en voor ons ons oë kon uitvee, het ons ook ’n paar aangeskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ja, ons erken dit.

Kort voor lank was daar ’n groot verskeidenheid style en kleure om van te kies en daarna het die prettige versierings soos blomme, lippies en steentjies gekom wat jy in die luggaatjies van die skoene kon druk om hulle te verpersoonlik.

Maar sedert hierdie skoen amper oornag bekend geraak het, het die gemakselement ’n oorheersende rol in die modewêreld gekry: voorkomste soos die athleisure-styl, tekkies met enige uitrusting en blokhakke het seker gemaak dat skoene nie afsteek by ons ontwikkelende leefstyl se behoeftes nie. Dit het ook beteken dat die eksentrieke Croc-skoen heelaas noodgedwonge na die agtergrond moes skuif.

Wees egter op jou hoede, want hierdie skoen is terug en hy is dalk net alles wat jou hart begeer!

Met sy oorspronklike sool wat eindelose gemak en ondersteuning bied, het Crocs hul bekende vorm ’n meer moderne aanslag gegee. Die kenmerkende Clog-skoen is steeds beskikbaar, maar daar is nou ook soveel meer waarvan jy kan kies.

Lees ook: Skud die jare af soos Liza Miller in die reeks Younger

So, is hierdie skoen weer in die mode?

Die modehuise Balenciaga en Christopher Kane kan grotendeels verantwoordelik gehou word vir die terugkeer van hierdie skoen.

Balenciaga het in 2017 die skoen bekendgestel met ’n enorme sool, 10cm hoog, met bont versierings wat as buitensporig beskryf kan word.

Terloops, dit is die einste Balenciaga wat ook bekend is vir sy ikoniese “dad shoe” wat vandag op al wat ’n winkelrak is, pronk.

So, wat’s nuut in die Crocs-wêreld?

Kyk uit vir die Crocs-nuwelinge:

WandaXCrocs

Afrika-ontwerper, Wanda Lephoto, is bekend vir sy minimalistiese aanslag op die stedelike straatstyl, -kuns en -kultuur. Sedert 2016 het hy Suid-Afrikaanse loopplanke ingekleur met die doel om kulture saam te smelt en as ’n eenheid te vertoon.

Crocs se reeks in samewerking met Wanda bestaan uit drie style, naamlik die Platform Clog – wat ’n verfrissende nuwe aanslag op die oorspronklike ontwerp bied; die Platform Flip – dink aan ’n plakkie, maar net hoër; en die Platform Slide – ’n gewilde styl wat op menige winkel- en ontwerpersrakke te sien was.

Al drie hierdie style behels ’n gesofistikeerde voorkoms met ’n kinkel, wat jou motiveer om ’n bietjie met jou voorkoms te waag.

Volgens die besturende direkteur van Crocs SA, Andrew Kalis, is dit “… die moontlikheid van ’n moontlikheid wat ons handelsnaam aan die gang hou en stelselmatig deur die kulturele grense laat breek.”

Hierdie kapsule-versameling dra ook by tot die Reach for a Dream-organisasie. Soos Kalis verduidelik moet elke mens wat kan, help waar hy kan. En om ’n liefdadigheidsorganisasie te kan ondersteun deur talent en passie uit te leef, is iets besonders.

Crocs LiteRide™

Terwyl die bonkige silhoeët vir eers ’n blaaskans neem, stel Crocs ’n nuwe “ligter” skoen bekend wat vir die tussenintyd sorg.

Dis perfek om enige tyd, enige plek vinnig aan en uit te glip. Die LiteRide 2019-reeks is gebaseer op die athleisure-styl wat deel van ons alledaagse klerekas geword het. Hierdie skoen is so ontwerp om by ons huidige leefstyl in te pas, maar dit bly steeds getrou aan Crocs se kenmerkende gemakselement.

Kitsfeite oor hierdie reeks:

  • ’n Atletiese vorm vir die “on the go”-leefstyl
  • Die nuwe LiteRide-soolvesel is gemaklik, selfs ligter as vantevore en dit beloof ’n veerkragtige ervaring met elke tree
  • Die sagte Matlite-materiaal omvou elke hoek van jou voet sonder om enige van die gemakselement te verloor
  • Die Crocslite-soolvesel beloof langdurige ondersteuning en gemak

Hierdie skoene keer ook terug

Kyk ook uit vir hierdie skoen-trends wat terugkeer …

Die Birkenstock-sandaal

Vierkantige tone

Die safari-sandaal

Die riempie-hakskoen

So, watter een van hierdie skoene gaan jy hierdie somer omhels?

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.