kategorieë: WenkeSkoonheid

Vrouemaand: #VrouVanDieWeek: Dr Judey Pretorius

Vrouemaand: #VrouVanDieWeek: Dr Judey Pretorius deur Suzanne Kotzé

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vandeesmaand gesels ons met vroue in die skoonheidsbedryf wat ons inspireer! In die vorige twee weke het ons met Carina Franck van Kalahari Lifestyle gesels, asook met Dr. Maureen Allem van The Renewal Institute.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vandeesweek gesels ons met Dr. Judey Pretorius van Biomedical Emporium. Dr. Judey is ’n dermatologiese bio-wetenskaplike met verskeie toekennings agter haar naam én haar eie velsorgreeks, Biomedical Emporium. Sy moes wel haar huis verkoop en terugtrek na haar ouerhuis om dit te begin. Haar 7 wenke aan sakevroue is ’n moet-lees en boonop is sy vanjaar ook die borg vir Pink Polo!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat het jy studeer?

B.Sc Biologiese Wetenskappe, B.Sc Hons (Biochemie), M.Sc (Genetika), Ph.D (Farmaseutiese Chemie), en ’n gevorderde diploma in Dermal Aesthetics

Het jy nog altyd ’n belangstelling in die wetenskap gehad?

Van doeketyd af!

En hoeveel vroulike teenoor manlike studente was daar?

Die verhouding was ongeveer 70% mans en 30% vroue.

Het hierdie verhouding tussen die hoeveelheid studente die afgelope paar jaar verander?

Daar het verandering plaasgevind oor die jare met ’n opwaartse groei in vroulike studente.

Die teoretiese projeksie is steeds dat ons ’n hoër persentasie dames wil sien in hierdie veld, en ek voel sterk dat daar nog heelwat meer gedoen kan word om dit aan te moedig.

Vroue word kronies steeds onderverteenwoordig in entrepreneurskap in Suid-Afrika. Ons moet koppe bymekaarsit om met meer praktiese maniere navore te kom om hierdie syfers te laat styg.

Hoe het jou belangstelling in velsorg begin?

Ek het begin met velkultuur-tegnieke in die laboratorium, ook bekend as weefselingenieurswese.

Dié dissipline het behels dat ek sellulêre epiteelmatrikse begin ontwikkel het vir brandwondpasiënte, asook sekondêre velmatrikse.

Hierdie molekulêre en sellulêre tegnieke het my geweldig baie geleer oor die menslike vel. Hoe dinamies en delikaat dit werklik is. Ek het toe net besef hoe belangrik dit is wat ons as mense op ons vel moet sit, en ook nie moet sit nie, om elke dag ons grootste orgaan te bewaar en te beskerm – of jy nou ’n skoonheidskoningin is, of ’n brandwondpasiënt.

Jy werk ook gereeld met vroue wat ’n mastektomie gehad het. Vertel ons meer

Dis so kosbaar vir my om dames te help wat ’n mastektomie ondergaan het.

Net die hele prosedure laat jou voel asof jy jou vroulikheid prysgegee het. Om iemand te kan help en te verseker dat hulle esteties kan genees en om hul weefsel van so ’n aard gesond voor te berei vir ’n toekomstige prostese is só belangrik.

Dis my laboratorium se werk om nuwe, genesende produkte te ontwikkle wat hierdie dames weer tot ’n punt kan bring waar hulle weer vrou voel.

Hoekom het jy besluit om jou eie onderneming te begin?

Ek het altyd so ’n bietjie gestoei om vir ’n baas te werk. Ek is baie innoverend en hou natuurlik baie van my eie idees. My persoonlikheid is effe eksplosief, en ek het ’n natuurlike aanvoeling vir entrepreneurskap.

Die dag toe ek my wetenskapkennis trou met entrepreneurskap was toe ek geweet het dat daar wel ’n gemaklike posisie is vir my en al my idees in die mark.

Ek is dankbaar ek het die geleentheid aangegryp.

Wat was van die grootste uitdagings wat jy ondervind het om jou eie onderneming te begin?

Ekself. Ek was my grooste uitdaging.

Ek het jare vantevore reeds begin droom om my eie besigheid te hê, maar ek het nie die moed gehad om die risiko te neem nie.

Toe ek wel egter die “sprong” neem, met verse en al,  het ek redelik goed aan die anderkant uitgekom.

Wat is jou raad aan ander sakevroue?

  1. Wees bewus daarvan dat vroue meer geneig is om emosioneel te wees.
    Emosies is een van die redes hoekom vroue dalk minder kanse neem in besigheid. Partykeer is dit nie nodig om iets onouphoudelik te ooranaliseer nie, of potensiële risikos te soek nie. Hou aan met leer en moenie bang wees om te misluk nie – om “skoolgeld” te betaal dra by tot jou bevoegdheid.
  2. Netwerk baie.
    Soek geleenthede om jouself met mense te omring wat jou en jou besigheid kan bevorder.
  3. Vra vir hulp as jy sukkel.
    Vroue het ’n geneigdheid om alleen te probeer regkom en ook om alleen te sukkel. In die sakewêreld is dit ’n groot fout. Praat net, en jy sal vind daar is altyd iemand wat jou sal help of op die regte spoor bring.
  4. Verminder die negatiewe mense in jou lewe.
    As iemand nie ware en konstruktiewe kritiek kan lewer nie, is dit beter om negatiewe mense uit te skakel. Bly gefokus en behou jou momentum. Negatiewe mense kan jou spoed breek en jou selfs laat voel jy gaan misluk. Fokus op die einddoel waarby soveel ander gaan baat wat nie negatief teenoor jou is nie.
  5. Kry vir jou ’n mentor – en wees ook ’n mentor vir ander.
  6. Help ander vroue
    Probeer besigheid doen met ondernemings wat deur vroue bestuur word, van diensversaffers regdeur to regsadvies.
  7. Bestee jou geld op ’n organisiasie of produkte wat vir ’n goeie doel staan.
    Byvoorbeeld, produkte wat die omgewing beskerm of ’n persentasie geld skenk aan kankerorganisasies, om maar net twee te noem.

Waar is jy nou teenoor toe jy begin het?

Ek het my huis verkoop om my eie onderneming te begin. Ek het van die begin af in my eie besigheid belê – ek moes nederig terugtrek na my ma se huis toe. Ek het die geld van my huis se verkoop gebruik om ’n laboratorium te huur om te begin formuleer en produkontwikkelingskonsepte te omskep in kommersiële produkte.

Die gehalte van die produkte was uitmuntend as gevolg van die tipe graad bestanddele wat ek gebruik het en ook die hoeveelheid navorsing wat ingestort is om ’n uitstekende produk te lewer.

Amper almal aan wie ek die eerste keer produkte verkoop het, het vir ’n tweede keer teruggekom vir nog!

Week na week, maand na maand, het die aanvraag en die hoeveelhede gegroei van dit wat ons moes vervaardig. Biomedical Emporium het gegroei van 2 mense to 60 mense en van ’n nasionale tot ’n internasionale maatskappy.

Wanneer het jy gevoel jou besigheid is suksesvol?

Die deurslaggewende oomblik vir my was toe ek uiteindelik genoeg kapitaal gehad het om my eie laboratorium te bou volgens my behoeftes en navorsingstyl.

Ek het die geleentheid gehad om die laboratorium self te ontwerp volgens internasionale akkreditasiestandaarde, om produkte te ontwikkel en te vervaardig vir die kosmoseseutiese, farmaseutiese en die mediese toestelbedrywe.

Die deurslaggewende oomblik vir my was toe ek uiteindelik genoeg kapitaal gehad het om my eie laboratorium te bou volgens my behoeftes en navorsingstyl.

Wat is jou gunstelingproduk van jou reeks?

Op die oomblik is dit die nuweling in die familie, die “Diamond Hyaluron Filler”

Wat is jou eie skoonheidsroetine?

Oggend:

1. Facial Cleanser

2. Diamond Hyluron Filler

3. Transluscent Day SPF30

Saans:

1. Facial Cleanser

2. Retinol Serum

3. Peptide Therapy

En jou skoonheidsfilosofie?

Gebruik serums en bevogtigers soggens en saans – nie net een keer per dag nie.

Wat is die grootste fout wat jy sien wat vroue maak as dit kom by velsorg?

1. Hulle gaan slaap met grimering aan.

2. Hulle bring net te veel tyd in die son deur.

Klik hier om te sien hoe Dr. Judey ons wys hoe ‘n chemiese afskilfering werk.

Vir meer inligting oor Biomedical Emporium se produkte en salonne, klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.