kategorieë: LeesOntspanning

Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28

Stilte voor die storm, Hoofstuk 28 deur Martie Swanepoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam, klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stilte voor die storm

Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen.

Toe die kamerdiens haar koerante kom aflewer, wou sy eers nie daarna kyk nie. Sy weet sy het moles gemaak en daarom is haar foon afgeskakel.

Sy sien nie nou kans om deur Piet en Claudia uitgetrap te word nie. Haar “parool” by Mediahuis is seker na hierdie spektakel verbreek?

Sy wil ook die hotel se ontbytkamer vermy. Sy wil niemand sien nie!

Kamerdiens is al uitweg.

Met ‘n bietjie kos in haar bewerige maag trek sy die pakkie koerante nader.

Die eerste een se voorblad sê: “Galante hero!” Die oomblik toe Duard haar regop gehelp het, is perfek vasgevang.

Die tweede koerant se voorbladstorie lui: “Ster briesend oor rok.” Melissa het glo haar ontwerper gefire oor hy ‘n soortgelyke rok vir ‘n no name joernalis gemaak het.

Helmut Kors het sy verbintenis met Niekie se rok heftig ontken. Hy het die materiaal vir die ster se rok glo eksklusief van Indië laat kom en die verskaffer het hom verseker geen sentimeter van die lap sal ooit aan enigiemand anders verkoop word nie.

Nou is die vraagstuk vir die koerant: Waar kry Niekie Branders die rok?

Die derde koerant se voorblad het twee foto’s van Niekie op. Een in die swart pakkie by die perspartytjie en een in die groen rok. Hulle beskou Niekie Branders as ‘n opkomende mode-ikoon en prys haar dat sy die arrogante aktrise in die skadu gestel het. Hulle vra hul lesers om te stem wie die mooiste in die groen lyk, die rooikop joernalis of die aktrise met die raafswart hare.

Niekie weet dis nou tyd om haar foon weer aan te skakel. Soos te wagte, is daar tien boodskappe van Claudia.

Niekie bel Kaapstad met bewende hande.

“Wat de joos het gebeur?”

Claudia klink weer histeries.

“’n Ander joernalis het my gepootjie!”

Claudia klink nou meer simpatiek.

“Waar laat dit ons vir die onderhoud met Melissa Garbers later vanoggend? Ek het nog niks van haar sekretaris gehoor nie. Ek neem aan dit beteken die onderhoud gaan voort?”

Niekie se pajamabroek bewe.

“Ek wil nie meer met haar praat nie. Sy gaan my haat!”

Claudia keer vir al wat sy werd is vir haar voorbladstorie.

“Moenie laf wees nie, Nicola, jy gaan die onderhoud doen. Daar is baie op die spel vir Mediahuis. Ek sal later vanoggend by die direksie hoor hoe ons die drama met die rok moet hanteer.”

Niekie wil nie verder deur die koerante blaai nie. Sy besluit om nie Claudia se voorskrifte vir ‘n uitrusting vir die onderhoud te dra nie. Sy dra haar gewone mondering van cargo pants en ‘n T-hemp. Sy wil geen verdere aandag op haarself vestig nie.

Van al die moeilike onderhoude van haar loopbaan, is sy vir hierdie een die minste lus.

Sy wens sy het ‘n kalmeerpilletjie om haar bewende ingewande te laat bedaar.

Melissa Garbers se persspan is professioneel en maak geen melding van die fiasko van die vorige aand nie. Hulle laat Niekie in ‘n elegante sitkamer wag en bedien Franse mineraalwater.

Op die stiptelike tyd word sy ingeroep. Melissa staan op uit haar stoel en reik ‘n koel sagte handjie na die joernalis.

Met die sit-slag vang die hoek van Niekie se oog die hopie koerante op die koffietafel. Sy sluk byna die hele botteltjie duur Franse water weg van senuwees.

Niekie wou die ster met effe moedswillige vrae peper. Sy wou bewys dat die ster geen snars weet van die rol wat ‘n oorlogkorrespondent in ‘n oorlogsituasie speel nie. Maar sy kies die kalmer vrae oor die ster se agtergrond en haar rolle.

As dogter van die beroemde Hollywood-vervaardiger, Victor Garbers, was die pad vir die goue meisie na die silwerdoek geplavei. Sy het ‘n bevoorregte lewe gehad en was in privaatskole in Switserland en Frankryk. Dis juis in Frankryk waar sy besluit het sy wil in haar pa se voetspore in die roemryke wêreld van rolprente volg.

“Ek het ‘n ambisieuse man daar ontmoet. Ek kon dadelik sien hy het die voorkoms en ambisie vir die silwerdoek. Ek het dit met my pa bespreek en toe stel my pa voor dat ek en my vriend saam kom vir oudisies vir ‘n nuwe fliek.”

Niekie se volgende vraag is logies.

“En, het jou vriend dit toe gemaak in Hollywood? Wat is sy naam?”

Met ervare vaardigheid ontwyk Melissa die vraag. Sy gesels oor haar ambisies, rolle en die draaiboek waaraan sy nou skryf.

“Jou nuwe rol teenoor Duard Wayne in Border War Patrol. Is dit lekker om weer in ‘n romantiese rol teenoor hom te speel?”

Die ster weet waarop Niekie se vrae afstuur.

“Ek en mnr. Wayne het ‘n wonderlike jarelange vriendkap en ons beskou romantiese rolle as deel van net nog ‘n opdrag.”

Niekie stel ‘n paar vrae om vas te stel of die ster gereed is om in die ongenaakbare Angola aan die rolprent te gaan werk.

“Moet my nie onderskat nie, mej. Branders.”

Niekie voel die aktrise se pikswart oë aggressief op haar gerig. Sy moet die onderhoud na kalmer water stuur en sluit af met ‘n paar vrae oor die rolprent. Die aktrise rep niks ongewoon. Dis duidelik dat haar persmense haar voorgesê het watter kommentaar om oor Suid-Afrika te lewer.

“Ek sien daarna uit om julle land te besoek. Ek hoor julle is warm, hartlike mense. Die rol is vir my ‘n nuwe uitdaging.”

Niekie voel onbevredig oor die onderhoud. Daar was geen vleis aan nie. Dis net ‘n gewone onderhoud met die gewone ditjies en datjies. Wat op aarde gaan sy oor die vrou skryf? Claudia verwag ‘n aardskuddende stuk!

Net toe Niekie gereed maak om die onderhoud te verlaat, roep Melissa haar terug. Sy stuur haar sekretaris by die deur uit, en Niekie weet hier kom nou moeilikheid.

“Waar het jy daardie rok gekry?”

Melissa se vraag kom soos ‘n geweersarsie.

“Ek het geen kommentaar te lewer nie.”

Die aktrise se oë spoeg vuur.

“As jy gisteraand deel was van ‘n komplot om ‘n gek van my te maak, het jy daarin geslaag. Is dit ‘n publisiteitsfoefie? Soek jy net iets sappig om vir jou tydskrif te skryf?”

Wat is dit met die sterre en al hul beskuldigings van komplotte en planne teen hulle?

“Ek hoor jy is ‘n vriendin van Marco Momple? Het hy jou aangehits om ‘n soortgelyke rok as myne te dra? Daardie man sal enigiets doen vir ‘n storie. Is julle saam in die ding?”

Niekie voel hulpeloos oor al die beskuldigings. Hierdie glanswêreld is inderdaad gevaarliker as ‘n oorlogsone!

Sy grawe diep in haar reserwes om haarself te verdedig.

“Mej. Garbers, kyk na my klere. Dit is soos ek gewoonlik aantrek. Ek is ‘n misdaad- en oorlogkorrespondent. Dis die werk wat ek elke dag doen. Ek werk by ‘n koerant en doen net toevallig die storie vir die vrouetydskrif. Daar is nie plek vir blink rokke in my lewe nie. Mnr Wayne het aangedring op ‘n onderhoud met ‘n oorlogkorrespondent van Suid-Afrika en hierdie pakket voor jou is wat julle kry. Gisteraand se rok was ‘n geskenk. Ek is nie van plan om dit ooit weer te dra nie. Waar ek dit gekry  het, is my saak, maar ek self het geen bybedoelinge gehad met die dra van die rok nie. Ek is net hier om my werk te doen. Ek het geen romantiese verbinding met Marco meer nie en doen geen moeite om kontak met hom te hou nie.”

Niekie voel skoon uitasem. Sy is nou sat van die situasie.

“O, het jy dan nou jou visier bietjie hoër gestel? Dalk het jy jou oog op ‘n posisie as ‘n Hollywood Wife?”

Niekie kap terug.

“Ek dog daar is geen romanse tussen jou en Duard nie? Nou klink dit my jy is jaloers?”

Die lang lenige vrou staan dreigend nader.

“Dit is die einde van die gesprek tussen ons, Mej. Branders. As ek jou raad kan gee, bly voortaan uit my pad! En, jy mors jou tyd met Duard. Moenie sê jy is nie gewaarsku nie! ”

Het jy geweet?

Ons het ’n GRATIS voorlesing waarna jy enige tyd kan luister van ’n ander vervolgverhaal uit die pen van Martie Swanepoel. ’n Nuwe episode van Botox, Barbies en Bietse word elke Donderdag om 09h00 vrygestel. Voorgelees deur Elize Cawood. Dis groot pret – begin sommer nou luister.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.