kategorieë: Tuinmaak

Kostuin, deel 5

Waar

Soek ’n sonnige plekkie vir jou kombuistuin. Dit hoef nie heeldag son te kry nie en oggendson is beter. Namiddagson kan in die somer nogal baie warm raak en sommige plante dalk brand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Spasie en styl

As jy nie plek het om beddings te bou nie, kan jy enige houers gebruik. Ou plukkratte of selfs kleiner houers werk goed. Spasie is nie ’n verskoning nie, so moet dit nie as ’n rede gebruik om weg te kom van hierdie manier van tuinmaak nie. Jy kan selfs tuin op die dak maak. Gebruik ’n kompossak wat met potgrond gevul is en sit bottels vol water (sonder proppe) onderstebo daarin vir besproeiing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertikale tuine is deesdae baie gewild. Dit wissel van plantrakke of bakkies wat met rame wat teen ’n muur gemonteer word of panele wat met grond gevul word en teen die muur vasgesit word. Sulke panele is nogal duur, maar redelik vrylik beskikbaar by kwekerye. Jy kan ook jou eie maak, soos op die foto onder. Vir verskillende maniere om jou eie vertikale tuin te maak, klik hier.

Indien jy wel spasie het, is daar ’n hele paar opsies. Dit kan ’n gestruktureerde gevlegde tuin (‘knot garden’) of potager wees, ’n blokkiestuin of bloot informele meer plaaslike styl. Volgende keer kyk ons in meer besonderhede hierna.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.