kategorieë: Tuinmaak

Kostuin, deel 6

Wanneer jy wel spasie het, is daar heelwat style wat jy kan gebruik vir die ontwerp van jou eie kostuin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met ’n gevlegde tuin (knot garden) of potager is gesnoeide heininkies en geometriese patrone ’n belangrike element. Dit laat die tuin altyd versorg lyk, selfs al is daar kaal kolle waar jy besig is om ou plante te verwyder en met nuwe aanplantings te vervang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die aanplantings in so ’n formele gestruktureerde tuin kan gegroepeer word, of meer informeel wees. Dit is ’n meer verantwoordelike opsie om meer biodiversiteit te bewerkstellig.

As jy nie kans sien vir ’n klomp werk met die snoei van heininkies nie, kan jy bloot formele lyne bewerkstellig met die paadjies in jou tuin. Dit is altyd raadsaam om nie die beddings te wyd te maak nie sodat jy vanaf die paadjie oral kan bykom. Jy behoort nooit op die grond te loop nie anders kompakteer jy dit.

’n Baie gewilde uitleg is die gebruik van plaveiblokke wat in ’n patroon gepak word met die aanplantings tussenin. Daar kan selfs ander tuinplante tussen die plaveiblokke wees sodat die tuin altyd versorg lyk. ’n Kostuin kan maklik slordig lyk as die plante se tyd aan die verbygaan is. Permanente plante soos die mondogras tussen die plaveiblokke is ’n goeie plan. Platgroeiende tiemie (Pink Chinz) werk ook baie goed en sorg vir ’n skouspelagtige prentjie wanneer hulle blom. Dit ruik boonop lekker as jy daarop trap.

’n Ander styl is ’n wilder voorkoms waar jy plante kombineer sodat hulle mekaar ondersteun. Plantmaats (companion plants) help met die beheer van peste en plae. Dit is ’n belangrike element van permakultuur waar plante gekombineer word op die manier wat hulle in die natuur sal groei.

Dit maak nie saak watter styl jy kies nie. Die belangrikste is dat jy dit geniet.

Tot volgende keer wanneer ons ’n bietjie kyk na die voordele van koswoude (food forests) en hoe jy jou plante tot nuwe hoogtes kan lei.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.