kategorieë: Tuinmaak

Kostuin, deel 8

Die beste manier om te begin, is om te besluit watter elemente jy graag by jou ontwerp wil insluit. Begin deur prentjies bymekaar te kry waarvan jy hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Trek dan ’n stuk blokkiespapier (dit lyk soos grafiekpapier met baie groot blokkies) nader en teken dit op skaal op die papier uit. Hanteer dit asof jy besig is om stukke van ’n legkaart te bou. Die plesier hiervan is dat dit ’n legkaart is wat kan groei en waarvan jy die onderskeie dele kan verander soos wat die tuin (en jou ondervinding en behoeftes) groei en verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier volg ’n voorbeeld van ’n kombuistuin by jou braaiplek. Die sketsplan is ook soos ’n legkaart of lego en jy kan die blokkies rondskuif volgens behoefte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Onthou, die beddings kan ook in plantbokse wees.

Deel 1

Die agtergrond is ’n suurlemoen-espalier – ’n suurlemoenboom wat teen ’n raamwerk groei sodat dit nie so baie plek vat nie. Of, plant ’n suur­lemoenboom wat jy ongeveer 500 mm van die muur af “plat” snoei. Voor die suurlemoenboom-espalier is roosmaryn (R) met grasuie (chives) rondom en drie plaveiblokke soos aangedui.

Regs daarvan is ’n vertikale tuin met kruie wat in ’n laaibord (pallet) gemaak is. Kyk ’n bietjie op die Facebook-blad Grow your own food – food gardens with almost no money vir stap-vir-stap-aanwysings. As jy nie kans sien om ’n vertikale tuin te maak nie, plant die kruie plat op die grond saam met die brandrissies en eiervrug, wat ook daar groei. Die kruie is pietersielie, basilie, tiemie, roket, wilde roket, origanum en selfs blaarslaai. Laat dan iets soos ’n grenadella teen die muur rank.

Pak plaveiblokke soos aangedui en rond af met houtsnippers of klippies.

Jy kan ook jou eie vertikale tuin plant. Klik hier vir ons aanwysings.

Deel 2

Presies dieselfde as 1, maar net ’n spieëlbeeld.

Deel 3

’n Lourier is in die middel agter geplant en weers­kante daarvan pynappel-salie, met die blomme vir die voëltjies en slaai. Die fokuspunt van die tuin is ’n watertuin van enige aard. In dié geval ’n pot met water, of bloot ’n plat bak op die grond met sitroengras (lemon grass).

Deel 4, 5, 6 & 7

Dis identies, maar lê so dat dit ’n patroon vorm. Elkeen is ’n koswoud op sy eie. Die middelpunt is ’n obelisk (driehoekige piramide) waarteen jy tamaties, bone (somer) of ertjies (winter) en botterskorsie gelyktydig kan laat oprank. Plant al drie daarvan elke paar weke op een hoek van die piramide sodat jy deurlopend ’n oes het. As jy van bo af kyk, moet die skerp punt van die driehoek na noord front. Die sonliefhebbers (beet, wortels, uie en sprietuie) plant jy aan die sonkant (noord) en die blaarslaai, basilie en ander blare aan die breë, skadukant (suid).

As jy ’n langwerpige ruimte het, kan jy die plan opknip soos aangedui en dit só rangskik:

Deel 1 links, deel 2 in die middel (pas net die aanplantings aan dat die lourier in die middel staan en die salies weerskante met die watertuin en sitroen­gras voor) en deel 3 regs. Sit deel 4 tot 7 voor en skuif die paadjies dat dit met die hoofpaadjie voor deel 1, 2 en 3 verbind. Die res bly dieselfde – die skerp punt van die driehoek wys steeds noord.

Hoe gebruik jy die plante vir braai?

• Suurlemoen – drup oor vis of maak marinades vir hoender en seekos
• Sitroengras – in Thaise souse of stingels as sosatiestokkies
• Roosmaryn – heel takkies as geurige sosatie-stokkies
• Grasuie – opgekap in aartappelslaai
• Eiervrug – rooster heel of in pakkies
• Brandrissies – rooster direk op die kole, skil af, kap fyn en gebruik om olyfolie te geur
• Pietersielie – meng met knoffel en botter vir knoffelbrood
• Basilie – vars pesto vir braaibroodjies; heel blare in Caprese-slaai
• Tiemie – strooi oor geroosterde bruinsampioene met mozzarella
• Roket – oor geroosterde pizza of in slaai
• Wilde roket – in slaai met roket, parmesaan-skaafsels en dennepitte
• Origanum – kap op en meng by Griekse slaaisous
• Grenadella – drup pulp oor gebakte piesangs
• Lourierblaar – geur goeie ou BBQ-marinade
• Groenboontjies – braaibykos: gestoom met korrelmosterd en olyfolie
• Ertjies – slaai: stoom en meng met gekapte spinasie, feta en spek
• Botterskorsie: sny in skywe en rooster oor die kole, drup rissie-olie oor
• Wortels – wortelslaai: rasper en meng met lemoensap en pynappel
• Beet – drup balsemiek-asyn oor, draai toe in foelie en rooster heel oor die kole
• Uie – op braaibroodjies of heel gerooster (gevul met pietersieliebotter)
• Sprietuie – kap op saam met grasuie in aartappelslaai

Klik hier vir ons heerlike verskeidenheid resepte. Gebruik die soek-blokkie en soek resepte wat die bogenoemde kruie en groente bevat.

#rooirosewenk

Eerder as om die hele tuin op een slag te wil toeplant, plant eerder gereeld (elke twee weke) ’n bietjie van die eenjarige plante wat vinnig groei en elke maand van dit wat langer aanhou, soos spinasie, tamaties, eiervrug en botterskorsie. Die permanente plante en paadjies gee struktuur al is die beddings “leeg”. Jy kan meer struktuur gee deur die beddings in te boks en selfs te lig as jy wil, of deur die hoofpaadjie ’n rand te gee met houtbalke, pale of keistene.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: kostuin

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.