kategorieë: Gesondheid

Kou jy jou kougom verkeerd?

Maar moenie dink enige kougom wat jy sommer na willekeur kou gaan werk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So moet jy maak om die beste uit jou kougom te haal:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gebruik dit langtermyn

Xylitol werk nie dadelik nie maar ondersoeke wys dat na sowat drie jaar het mense wat xylitol gebruik baie minder gaatjies in hul tande as mense at dit nie gebruik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gebuik ’n kougom met net xylitol

Die ander suikeralkoholversoeters word wel deur jou mondbakterië as energiebron gebruik. Hulle lei dus tot die vorming van sure en plaak en uiteindelike tandbederf, hoewel baie minder as wat ander kosse vorm.

Is dit suurvry?

Kyk na die bestanddeellys van die kougom. Bly weg van kougom met sure (acid) daarin, wat dikwels vir die smaak bygevoeg word. Die sure beskadig jou tandemalje en kanselleer die xylitolvoordele.

Kou gereeld

Jy het 6-10g xylitol per dag nodig maar die jongste ondersoeke wys dat dit beter is om xylitolkougom vier of vyf keer deur die dag te kou, eerder as om ’n ‘sterk’ kougom met baie xylitol net een keer per dag te kou.

Soek ’n kougom met baie xylitol

Die supermarksoorte het maar min xylitol in. Die xylitol-alleen soorte is meerendeels by gesondheidswinkels beskikbaar. Hoe weet jy hoeveel xylitol is daar in ’n kougom? Hoeveelhede word nie aangedui nie maar die bestanddele op die bestanddeellys op die pakkie word van meeste na minste gerangskik. Hoe nader xylitol aan die begin staan hoe meer is daar in die kougom.

Maak dit jou nagereg

Kou ’n stukkie kougom na pousekos of ’n werksete.

Kou lank genoeg

Jou tande baat eers na blootstelling aan xylitol vir tien tot twintig minute.

Kou delikaat

Moenie met te veel impak of heeldag kou nie want dit verweer jou tandoppervlaktes. Kou saggies en so onopsigtelik as moontlik. Kou in die openbaar of met ’n oopmond is immers nie goeie maniere nie.

As jy klaar is…

Moenie jou kougom sluk óf die storie sluk dat dit jou derms sal knoop nie. Draai dit toe in ’n papiertjie en gooi weg.

Honde kou nié

Xylitol kan dodelik vir honde wees. Moet nooit jou kougom neersit waar ’n hond dit kan bykom nie.

Lees ook: Verkoue? Dokter jouself soos ’n dokter dit sou doen

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

18 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.