’n Paar nuwe gesigte sal ook by vanjaar se vertoning te sien wees. Deon Groot, Elandré Schwartz en Lieflinge gaan by ou staatmakers soos Kurt Darren, Manie Jackson, Snotkop, Nicholis Louw, Adam Tas, Brendan Peyper, Ray Dylan, Andriëtte Norman, Elizma Theron en Liezel Pieters, Juanita du Plessis, Refentse en Ricus Nel aansluit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Konsertgangers kan solank gereed maak vir die jol van die jaar. ’n Paar ander verrassings wag ook,” sê Niel Schoombee, regisseur van Krone 4.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Volgens Schoombee kan konsertgangers na meer as 110 treffers uitsien. “Ons bekroon die treffers by dié konsert. Van Laurika Rauch se tydlose Stille Waters tot ons hedendaagse treffers.”
Krone is ’n lekker saamsing-jol. Tydens die konsert verskyn al die lirieke van die liedjies wat gesing word op die grootskerms. Die gehoor kan dan na hartelus saamsing en die partytjie is dan net soveel beter en beslis ook lekkerder. Dis die grootste sterre op die grootste verhoog en jy kan saamsing!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Ek dink dít is wat Krone anders maak as ander konserte. Die feit dat die gehoor die lirieke woord-vir-woord saam kan sing, omdat daar skerms is wat dit vertoon.” vertel Ernst Kleinhans, organiseerder van Krone.
Kaartjies vir vanjaar se Krone 4-konserte is nou beskikbaar en kan aanlyn gekoop word by Computicket of enige Checkers/Shoprite en House&Home-winkels.
Bly op die hoogte van die jongste Krone-nuus op Facebook, Twitter en Instagram.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.