kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kruie en vitamiene vir jou verkoue

Ons het die Cochrane Library deurgewerk om te sien wat navorsing oor verskillende vitamiene en kruie te sê het. Party werk terwyl ander net geld in die water is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Iets interessant: Jy moet weet wanneer om hulle te neem en verstaan wat elkeen vir jou kan doen. Knoffel kan byvoorbeeld help keer dat jy verkoue kry. Maar as jy eers verkoue het, is dit te laat vir knoffel. Dan gaan malva-ekstrak jou baie beter help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit werk so: Verkoues kom in fases. Jy voel hom aankom, of jy het hom. En dan kan jy maar net die simptome probeer verlig of probeer om hom vinniger oor te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Selfhelpplanne wat verkoues keer

’n Bederfdingetjie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Talle ondersoeke wys dat verkouevirusse eintlik nie so maklik aansteek of mense siek maak nie. Hulle kan selfs in jou neus beland en niks meer as ’n krieweling veroorsaak nie.
• Die sleutel is stres – sielkundig en fisies.
Fisieke moegheid omdat jy te min slaap, te hard werk of te veel oefen verswak jou immuunstelsel. Emosionele stres verhoog jou kortisolvlakke, wat jou immuunstelsel onderdruk.
• Help jou immuunstelsel deur jou lyf te laat rus en jou kop te laat ontspan met iets wat nét lekker is.


Probiotika

• Probiotika is een van die onderskatte verkouemiddels, aldus die Cochrane-verslae.
• Gereelde gebruikers van probiotika het nie net minder verkoues gekry nie, maar hul verkoues het korter geduur, hulle het minder kere antibiotika vir komplikasies nodig gehad en hulle was minder afwesig van die skool of werk.


Knoffel

• Die meeste van ons kry twee tot vier verkoues per jaar.
• ’n Cochrane-vergelyking het gewys dat knoffel verkoue met minstens die helfte verminder – jy kan met een of twee verkoues per jaar wegkom.
• Dit is nou as jy in die wintermaande elke dag knoffel of ’n knoffelpil gebruik.
• Werk vars knoffel? Vermoedelik ja, maar met ’n knoffelpil kry jy genoeg knoffel, terwyl jy waarskynlik nie elke dag genoeg knoffel sal eet nie.
• Oppas vir klaarbereide gekapte knoffel in olie. Dit is dikwels niks anders as uie in knoffelgegeurde olie, en sal dus niks help nie.
• Wat van knoffel as jy reeds verkoue het? Dan is dit te laat vir knoffel. Dit laat jou nie vinniger van jou verkoue herstel nie.

Vars knoffel

2 Selfhelpplanne wat die simptome van ’n slegte verkoue verlig

Volgens die Cochrane-verslae help dit nie om elke dag deur die winter vitamien C te drink om te keer dat jy verkoue kry nie. Maar ekstra vitamien C wanneer jy reeds ’n verkoue het sorg vir ’n ligter verkoue wat boonop gouer verby is.

Doen jy harde wintersport? Volgens Cochrane help vitamien C vóór jou rugby- of netbalsessie om jou teen verkoues te beskerm.

Vars lemoen

Pelargonium (malva-ekstrak)
Die Cochrane-uitspraak was dat dit beduidend help om bronchitis en sinusitis te genees. Maar hulle wys ook daarop dat daar beslis tekens van publikasie-vooroordeel is, met ander woorde daar is probleme soos dat die navorsing deur die vervaardigers van die produkte gesubsideer of gedoen is.
Aspirien
Aspiriene, ibuprofens en naproxen verlig beslis jou olikheid – veral lyfseer, gewrigpyne, oorpyn en kopseer. Dit help ook dat jy beduidend minder nies. Maar dit help min vir koors, hoes of om die swelling in jou sinusse te verlig. Dit sal ook nie help dat jy gouer op die been is nie.

Parasetamol
Sal jy beter voel as jy parasetamol-pille drink om jou olikheid te verlig? Die navorsers sê die uitslae weerspreek mekaar. Hulle kan jou nie parasetamol aanbeveel of afraai nie.

3 Selfhelp planne wat jou verkoue gouer kan laat oorgaan

Sink
Jou verkoue sal gouer oor wees as jy sink begin gebruik binne 24 uur vandat jy voel ’n verkoue is aan die kom. Maar dan moet jy genoeg sink inneem – minstens 75 mg per dag. Party mense voel naar daarvan.

Sal jy verkoue weghou deur elke dag sink te drink? Nee, ongelukkig nie.

Echinacea
Die resultate was baie wisselvallig. Die outeurs vermoed dit gaan oor die gehalte. Topgehalte produkte met ’n hoë konsentrasie van Echinacea kan die duur van verkoues verkort, terwyl ‘flou’ produkte jou net geld uit die sak jaag. Skynbaar ontwikkel ’n beduidende groep mense newe-effekte van Echinacea. Onthou ook dat Echinacea die Pil minder doeltreffend maak. Oppas vir swangerskap weens jou verkoue!

Soutspoeling
Dit help. Maar die verskil is bra klein. Sinusspoelers se verkoues is maar net ’n halwe dag korter. Maar daar is twee groot voordele:

• Die meeste is ook ’n dag of wat minder afwesig van die werk.
• En hulle word effens minder kere op antibiotika gesit as nie-spoelers

Soutspoeling kan die slymvliese uitdroog. Dit kan ’n voordeel wees as jou neus baie loop. Maar dit kan nadelig wees omdat neusslym juis die doderselle bevat wat die verkouevirusse moet vernietig.

Vars sout

Lees ook:
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.