Foto: Pixabay
Dit is algemeen vir ons vroue om die waarde van ons klerekaste drasties te onderskat en gevolglik die inhoud daarvan te onderverseker. Die rede hiervoor is dat vroue hul klerekaste se inhoud volgens elke item se oorspronklike aankoopprys verseker en nie die fluktuasies in die Rand se waarde in ag neem nie. Marike stel voor dat jy die mees duursame items in jou kas laat her-evalueer en dit dan volgens sy huidige waarde laat verseker. Sodoende sal jy beslis weet dat indien iets soos ’n huisbrand of inbraak gebeur, die skade aan jou klerekas ten volle gedek sal word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hoewel die meeste versekeringsmaatskappye ’n ekstra fooi aangaan om jou handsak te dek, is dit definitief die moeite werd. Indien jy gereeld reis, is dit goed om met jou versekeraar te bevestig presies watter items in jou handsak gedek sal word, sou dit gebeur dat jy jou handsak verloor of dit gesteel word. Volgens Marike kan dit gebeur dat sommige items slegs deur jou versekering gedek word wanneer dit vanuit jou woonplek wegraak. Sodoende sal dit bykans onmoontlik wees vir jou om dit terug te eis indien dit tydens jou reis wegraak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Soos met jou klerekas, kan dit gebeur dat jy jou juwele onwetend onderverseker. Om te voorkom dat jy jouself indoen, stel ons voor dat jy jou juwele op ’n gereelde basis, by ’n betroubare juwelier, laat her-evalueer. Op dié manier sal jy met ’n geruste hart weet dat jou duursame juwele volgens die mees akkuraatste waarde verseker is. Marike benadruk ook dat dit belangrik is om met die aankoop van nuwe juweliersware, ’n amptelike waardasie-sertifikaat vanaf jou juwelier te kry. Dit sal handig te werk kom wanneer jy die stuk in die toekoms laat her-evalueer, omdat die stuk se totale inhoud daarop gelys word en as sulks nie tydens nie her-evaluasie gemis sal word nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.