kategorieë: WenkeMode

Kry jou perfekte bra met Playtex

Kry jou perfekte bra met Playtex. Foto’s en inligting verskaf. {Promosie}

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy geweet?

  • 50% van vroue is nog nooit gemeet vir ’n bra nie.
  • ’n Hele 37% van vroue pas nie ’n bra aan voordat hulle dit koop nie.
  • Die gemiddelde vrou besit sewe bra’s, maar nie een van hulle pas reg nie.

Hier is ’n paar tekens dat jy die verkeerde grootte bra dra en hoe jy dit kan regstel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die band van die bra trek agter op

Dit beteken die band om jou lyf is te groot en dat jy ’n kleiner grootte moet dra. Probeer byvoorbeeld om van ’n 36 na ’n 34 te gaan.

Jou borste druk bo by die bra uit en skep ’n “dubbel borste” effek.

Jy het ’n groter keël nodig. Probeer dalk ’n C-keël in plaas van ’n B-keël.

Die bra raak nie aan jou tussen jou borste nie.

Jy het ’n groter keël nodig. Probeer byvoorbeeld ’n C-keël in plaas van ’n B-keël.

Die keël se materiaal maak plooie.

Dit beteken die keël is te groot. Probeer om ’n kleiner grootte te dra, soos ’n B-keël in plaas van ’n C-keël.

Die skouerbandjies sny in jou vel in.

Dit beteken jy het nie genoeg ondersteuning om jou lyf nie en die skouerbandjies probeer daarvoor opmaak. Die skouerbandjies is dikwels ook te styf. Probeer ’n kleiner lyfband om jou die korrekte ondersteuning te gee. Dra dalk ‘n 34 in plaas van ’n 36.

Hoe weet jy waar om te begin om die regte grootte bra vir jou op te spoor? Ideaal moet die bra nie net gemaklik wees nie, maar moet ook ’n mooi silhoeët skep. Dis alles moontlik wanneer jy ons nuttige Playtex-grootte-tabel gebruik.

Indien jy klein borste het wat nie veel gelig hoef te word nie, kan jy jou afmetings naak neem. Andersins kan jy ’n bra (wat nie opgestop is nie) dra terwyl jy jou afmetings neem.

Kry jou perfekte bra in drie stappe

Jy kan jouself meet, maar dis meer akkuraat om jou mate deur iemand anders te laat neem. Die groot Playtex-handelaars, soos Edgars en Truworths, bied hierdie diens verniet aan.

Onthou, jy sal enige dik klere sal moet uittrek om te verseker dat die afmetings akkuraat is.

Stap 1 – Jou lyfbandgrootte

Meet jou lyfbandgrootte in sentimeter. Plaas die  maatband om jou ribbes – net onder jou borste.

Stap 2 – Jou keëlgrootte

Bepaal jou keëlgrootte: Meet met ’n maatband om jou borste waar hulle die volste is.

Stap 3 – Die grootte-tabel

Gebruik ons aanlyn grootte-tabel om te sien waar jou afmetings bymekaarkom. Dit sal die grootte bra wees wat jou die beste sal pas.

Wanneer jy weet wat jou ware bragrootte is, sal dit baie makliker wees om onderklere te koop omdat jy nie jou grootte hoef te raai nie.

Topwenk!

Meet, of laat meet jou minstens elke ses maande, want jou bragrootte kan verander vanweë veranderings in gewig en hormone, soos tydens swangerskap.

Om Playtex se nuttige grootte-tabel te bestudeer of vir meer inligting, besoek die Playtex-webwerf.

Lekker inkopies doen!
Playtex help vroue al sedert 1962 om bra’s wat perfek pas te koop. Tot op hede het die maatskappy 800 Suid-Afrikaanse werknemers en ’n plaaslike fabriek. Hulle is ook die grooste onderklerevervaardiger in die land.

Playtex streef daarna om Suid-Afrikaanse vroue gemaklike, ondersteunende en beter gehalte onderklere te gee wat ook vroulik en vleiend is. Boonop word dit in Suid-Afrika vervaardig!

Kry jou perfekte bra met Playtex

Vir nog goeie raad, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.