kategorieë: TrendsMode

Kry ’n voorsmakie van Studio.W se 2017-somerreeks

Warmer weer is op pad en ons kan binnekort vrolike somergiere omhels. Woolworths se Studio.W-somerreeks vir 2017 bied ’n parmantige, inspirerende en moeitelose stedelike voorkoms aan wat werk én speel pret sal maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Phillippa Elson, senior vrouedragontwerper vir Studio.W, sê dat vanjaar se Lente/Somerversameling ’n kombinasie van hulle klassieke stapels waarvoor Studio.W bekend is bevat, asook items wat jou op die hoogte van huidige modegiere sal hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die somerversameling is gesofistikeerd en pas perfek by die Suid-Afrikaanse vrou se selfvertroue, by die vrou wat modegiere waardeer sonder om ingeperk te wees deur die grense van hoofstroommode. Philippa verduidelik dat “die paring van vroulikheid en ontspanningsdrag maak hierdie Studio.W-versameling relevant en draagbaar – dis gemaklike stedelike mode.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Ontspanne sportiwiteit is duidelik te siene in sleutelelemente van die versameling. Daar is ritsdetails, sportiewe rib-afwerkings, en aktiewe-drag toevoegings wat so goed pas by die huidige “athleisure“-voorkoms. Terselfdertyd word vroulikheid en argitektuur verken in ’n skoon en gesofistikeerde styl. Asimmetriese patrone kom voor in die rokke, rompe en hemde wat uit popelien gemaak is en wat blinkertjie-versierings bevat. Moue word beklemtoon: dit sluit die klassieke valletjiesmoue in tot ’n meer gestruktureerde ballonmou wat gereeld saam met metaalkleure en borduurwerk gesien word.

Die Studio.W 2017 somer-versameling is einde Augustus 2017 beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.