• Blaai deur jou talle resepteboeke en kies ’n resep om uit te probeer. Nooi ’n vriendin, of verlustig jouself (op jou eie!) daaraan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Lees ook: 15 van ons beste winterresepte
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• Koop ’n skroproom of meng suiker en olyfolie en skrop jou lyf. Dit raak ontslae van alle dooie selle sodat jou vel makliker vogroom kan absorbeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Maak jou eie lyfskrop
• Koop ’n nuwe helder lipstiffie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Lipstiffie: Vind die perfekte kleur vir jou vel
• Maak helder kussings vir jou leefkamer.
• Gaan stap in die koue. Dit laat jou vars en energiek voel.
Lees ook: Ses oefeninge vir vroue bo 40
• Koop nuwe oefenklere om jou te inspireer om te oefen.
• Maak seker jy sit elke dag parfuum aan.
• Ons moet almal water spaar, so ’n lekker warm bad sal moet wag. Steek kerse aan en gebruik aromatiese olies na jou stort.
• Verf jou naels ’n prettige kleur.
• Gee jouself ’n gesigbehandeling met tuisprodukte en stoom jou gesig oor ’n wasbak met warm water en ’n handdoek oor jou kop.
Lees ook: Multi-maskers: Gebruik al jou gesigmasker-produkte op en maak dit pret
• Tint jou eie wimpers en wenkbroue. Jy sal verbaas wees hoeveel vroliker jy lyk!
• Kyk na die klere in jou kas – as dit net grys, bruin en swart is, koop iets in ’n helder kleur om jou op te kikker.
Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap
• As jou begroting dit toelaat, is ’n lekker bederf by ’n salon net die ding. Kyk na hierdie lekker Daddy’s Deals behandelings wat in Kaapstad, Johannesburg en Durban beskikbaar is.
Lees ook: 5 redes waarom rooibos jou dermgesondheid en immuniteit hierdie winter kan verbeter
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.