kategorieë: KalenderOntspanning

Kuier in die wynlande hierdie winter met Lanzerac Wynlandgoed

Foto: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Spandeer jou winter in die wynlande: Donker rissie-sjokolade en ’n glas rooiwyn wag vir jou. So ook ’n kaggelvuur en ’n snoesige bed met ’n onbeperkte uitsig oor die wynlande. Vanaf  1 Julie tot 30 September 2018 gee die Lanzerac-wynlandgoed hul gaste die geleentheid om bederf te word met ’n spesiale aanbieding: die Winter Retreat Package.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie uitkloppakket bied ruim en elegante kameropsies (met ’n opsie om op te gradeer) wat gepaard gaan met ’n komplimentêre soet-vingerhappiebord.  In hierdie pakket word ’n kontinentale of Engelse ontbyt ingesluit, asook ’n tuisgemaakte middagete by die Lanzerac Deli met ’n glas van die wynlandgoed se beroemde Pinotage.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vakansiegangers sal ook die geleentheid gegun word om van die wynland se wyne, wat al verskeie toekennings verower het, te proe en verder ook die wynkelders te verken saam met ’n kundige gids. Met die hotel wat net op die buitewyke van Stellenbosch geleë is, kan die strate van dié geskiedenisryke dorpie ook gaan verken word.

Gaste kan hul propvol dag afsluit deur te ontspan met ’n gratis uur in die Lanzerac Spa vir ’n AromaVine™ Pinotage-massering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die pakket is beskikbaar teen R6 500 per aand vir ’n paartjie. Vir verdere navrae, besoek die webtuiste lanzerac.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.