kategorieë: DekorDoen dit self

Kul met dekor!

WENK 1: Steek jou TV weg

Nie almal het die luuksheid van ’n TV-kamer nie en ’n TV kan onooglik in die sitkamer lyk. Jy kan jou TV op ’n vernuftige manier wegsteek. Dit sal ook help om onooglike elektriesedrade weg te steek. Bou die TV in ’n kombuis-eiland of kas in en verberg die opening met ’n groot skildery as jy die TV nie gebruik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

WENK 2: Slim meubels

Ongeag of jy in ’n groot of ’n klein huis woon, is meubels met ’n dubbele funksie ’n aanwins, veral as jy kinders het. ’n Kis vir speelgoed kan met ’n mooi tafeldoek ook as koffietafel dien. Gebruik die dooie ruimtes in jou huis soos die plekke onder vensterbanke vir kleiner kiste en ottomans. ’n Ottoman is ’n slim plek om goed te berg. ’n Groot ottoman in die slaapkamer is die ideale plek vir winterkomberse. Op die patio is ’n ottoman ’n lekker bêreplek vir handdoeke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

WENK 3: Swart bord pleks van muurpapier

’n Swartbord is nie net vir skool nie. Dit is ’n lekker plek om motiverende aanhalings op te skryf en om jou lewe te organiseer. Dit het ook ’n ekstra stylvolle dekor-funksie. Dit is ideaal vir kinderkamers, maar ’n moet as jy ’n besige program het en aan afsprake herinner moet word. Verf ’n ruimte op jou kombuismuur met swartbordverf en gebruik drywende rakke vir jou kruie. Omring dit met ’n eenvoudige raam. Verf ’n gastebadkamer se een muur en maak ’n ruimte vir mooi aanhalings wat by elke gas pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

WENK 4: Skep ’n krat-muur

Ruimte is skaars in baie moderne huise. Skep ’n slim, stylvolle muur met houtkratte. Dit is die ideale stoorplek vir al die los goed in jou huis. Heg die onderkante van die kratte aan die muur vas en gebruik elke spasie om interessante items te groepeer. Kratte in die badkamer kan handdoeke en skoonheidsitems slim berg.

WENK 5: Kies vir ’n lae-onderhoud tuin

Skep ’n mooi fokuspunt in jou tuin met ’n tafel van gietyster wat waterbestand is. Plaas ’n groot pot in die middel vir seisoenale, kleurryke blomme. Omring dit met verskillende hoogtes potte met kruie en ander plante. Dit is maklik om nat te gooi en trek dadelik besoekers se oog. Dit is maklik om te onderhou en is ’n lekker fokuspunt as jy onthaal.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.