kategorieë: Nuut & Nou

Ken jou bierterme

Britse bier (ale)
’n Vrugtige karakter en bitter nasmaak is kenmerkend van ale- of Britse bier, wat die Britte teen kamertemperatuur, of effens warmer, drink. Ale is hoër in alkohol en het ’n sterk karakter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lagerbier
Dié bier, wat die beste smaak wanneer dit yskoud is, neem gewoonlik langer as ale om te brou. Lager het ’n valerige kleur en word deur middel van ’n bodem-fermentasieproses
vervaardig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pilsener
Pilsenerbier is vir die eerste maal in 1840 in die stad Pilsen in die destydse Tsjeggo-Slowakye gebrou. ’n Kenmerkende hop-karakter maak dié bier, bekend as die wêreld se eerste goue bier, anders as die valer lager.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Engelse moutbier, ook bekend as swartbier, (stout) en porterbier
Hoewel daar ’n verskeidenheid soorte mout- en porterbier is, word dié soort bier aan sy donker kleur en ryk smaak uitgeken. Moutbier smaak uitstekend saam met oesters, terwyl mout- en porterbier goed saam met vleisbredies en skulpvis werk.

Koringbier
Koringbier is algemeen bekend as ’n Duitse bier, maar word deesdae oral in die wêreld gebrou. Die bier word met baie koring gemaak (daarom die naam), en kan uitgeken word aan ’n romerige tekstuur en soet geur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bockbier
Dié bier is na die bekende Duitse dorpie Einbeck vernoem, en is swaarder en donkerder as ’n lager. Volgens legende is bockbier oorspronklik deur monnike gebrou en gedrink wanneer hulle gevas het, aangesien dit ’n hoër voedingswaarde het en hulle dus langer aan die gang kon hou.

Droog
Droë bier word langer as ander biersoorte gefermenteer sodat amper al die suiker daarin alkohol word. Dié bier het gevolglik ’n kraakvars smaak en nie veel van ’n nasmaak nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.