kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kwale met hoë hakke

As jy gereeld hoë hakke dra, verkort die Achilles-sening in jou hakskeen wat dit later ongemaklik en pynlik maak om kaalvoet te loop. Dit kan selfs tot tendonitis lei. Doen hierdie twee eenvoudige oefeninge om die sening te rek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Staan met jou voete op ’n trappie met jou hakke wat agter afhang. Gaan stadig tot op jou tone en sak weer stadig af tot jou hakke onder die vlak van die trappie is. Jy behoort te voel hoe die sening in jou hak strek. Gaan nou weer stadig tot op jou tone. Doen drie stelle van tien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Staan sowat 30 cm weg van ’n muur met jou voete bymekaar en hande teen die muur gedruk vir ondersteuning. Tree met die een voet een voetlengte na agter. Buig jou knieë (terwyl jy jou hakke plat op die vloer hou en sorg dat jou sitvlak na vore getrek word) en sak ’n entjie na onder tot jy ’n strek in jou agterste enkel voel. Hou die strek vir 15 sekondes en ruil jou voete. Herhaal 10 keer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Belangrik

Moenie bons in ’n strek nie en moenie oorstrek nie. Strek net tot op die punt waar jy die strek goed voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.