KYK: Bryoni Govender se pragtige uitrustings by die Mej Heelal-kompetisie

Bryoni is gekies om Suid-Afrika by die wêreldwye kompetisie te verteenwoordig nadat die huidige Mej SA-wenner, Natasha Joubert, nie verkiesbaar was na haar deelname aan die kompetisie in 2020 nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bryoni het verlede week na El Salvador vertrek om gereed te maak vir die 72ste Mej Heelal-kompetisie wat op 18 November in die José Adolfo Pineda-arena in San Salvador sal plaasvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens ‘n artikel wat deur IOL gepubliseer is, het Bryoni gesê:

“Ek wil hê die wêreld moet ophou om sy as draai sodat ek alles kan inasem en hierdie heerlike tyd kan geniet.”

“Om wonderlike vroue van regoor die wêreld te ontmoet en op soveel vlakke met hulle te vereenselwig, was ’n ware plesier. Dit gaan alles te vinnig. Ek wil meer tyd hê om elke kosbare oomblik te geniet.”

Die groot finaal sal op Saterdag 18 November plaasvind, met die huidige Mej Heelal-titelhouer, R’Bonney Gabriel van die VSA, wat haar opvolger sal kroon.

Die geleentheid sal aangebied word deur Jeannie Mai en Mej Heelal 2012 Olivia Culpo, saam met die Amerikaanse TV-aanbieder Maria Menounos. John Legend sal ook by die geleentheid optree.

As gevolg van ‘n verskil in tydsones tussen El Salvador en Suid-Afrika, sal kykers laat wakker moet bly of vroeg moet opstaan om die geleentheid regstreeks op SABC 3 (DStv-kanaal 193) vanaf 03:00 op Sondag 19 November te sien. As jy dit later wil kyk, sal die finaal vir ‘n tweede keer op dieselfde dag om 19:30 uitgesaai word.

Sedert haar aankoms in El Salvador, het Bryoni ons met haar pragtige voorkoms en skitterende uitrustings betower.

Kyk na ‘n paar van Bryoni se uitrustings tydens haar tyd in El Salvador:

Lees ook: Bryoni Govender se Mej Heelal-rok is die toonbeeld van Suid-Afrikaanse kultuur

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.