Die egpaar, wat die eerste keer in 2019 ontmoet het, het in Junie verlede jaar verloof geraak terwyl hulle op safari was, net drie maande voordat die Bokke na Parys vertrek het vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi, volgens The Citizen. Holly is ‘n sjef en volgens haar Instagram-biografie, ook ‘n dermgesondheidspesialis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Sy het pragtige foto’s van hul spesiale dag met die skilderagtige berge van die Wes-Kaap as agtergrond, op sosiale media gedeel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die troue, wat by ’n onbekende plek in Franschhoek plaasgevind het, is volgens Maroela Media deur voormalige Springbokkampioene, Steven Kitshoff, Jesse Kriel en Schalk Britz, asook die miljardêr-sakeman Johann Rupert bygewoon.
Lees ook: Ontmoet die Springbokke se ‘bokkies’
Die nou-getroude paartjie, wat vir byna twee jaar aan hul huis in die Paarl se Val de Vie-landgoed gebou het, het in Mei verlede jaar in hul droomhuis ingetrek. Holly het die goeie nuus met hierdie byskrif op sosiale media gedeel:
“Om ’n huis van nuuts af te bou is nie ‘n maklike taak nie, maar as jy die regte persoon aan jou sy het en ’n ervare span het wat jou idees in plek sit, kan jy werklik iets heel uniek skep.”
“Ek droom al jare lank oor hierdie huis se ontwerp en dit is werklik alles wat ek my voorgestel het en meer. Ek voel baie geseënd om hierdie spesiale plek my huis te kan noem.”
Wie is volgende?
Die volgende Bok-bruidegom blyk Manie Libbok te wees. Die Springbok-losskakel en sy verloofde, Verna Arries, het onlangs foto’s van hul ram- en hennepartytjies op sosiale media gedeel.
Hooffoto: Instagram / @hollyclareleroux @riesography_
Lees ook: Faf word ‘n pa! Kyk na Miné se groen en goue babatee
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.