kategorieë: Ons menseBekendes

La Dolce Vita roep: Stanley Tucci oor sy nuwe Nat Geo-reisreeks

Deur Thinus Ferreira

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In ’n wêreld waarin ons almal se gejaag skynbaar onophoudelik is in ons soeke na nóg, beter en méér, kan jy baat vind deur bietjie stil te staan of te sit en akteur Stanley Tucci se nuwe kosreisreeks, Tucci in Italy, op National Geographic in te drink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy vertel vir rooi rose dat sy nuwe reeks kykkos vir oë op soek na ware gehalte is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stanley is veral bekend vir sy rolle in The Hunger Games, as Miranda se modekenner-regterhand Nigel in The Devil Wears Prada en meer onlangs ook in die hoogaangeskrewe pousverkiesingsfliek Conclave. Nou is Stanley al weer op toer en smul deur Italië.

Hy het reeds drie Emmy-toekennings vir sy CNN-leefstylreeks, Stanley Tucci: Searching for Italy, gewen.

Nou is hy terug, hoewel hy nooit regtig weg was nie, in nóg ’n reis- en eetreeks deur die Middellandse See se stewelland – dié keer vir National Geographic (DStv-kanaal 181) op Woensdae om 20:30. Episodes is ook op Disney+ beskikbaar.

Lees ook: GOEIE NUUS | Nuwe seisoen van Magda Louw op pad!

(Foto: National Geographic/Matt Holyoak)
(Foto: National Geographic/Matt Holyoak)

Soos ’n warm, Italiaanse omhelsingsgroet of ’n koppie stomende espresso, omhul Tucci in Italy kykers in ryklike kleure en geure, ’n ontploffende kaleidoskoop van kultuur, sowel as asembenewende landskappe wat wissel van groen heuwels tot bekoorlike huisies, geboue en keisteenstrate so reg uit ’n sprokiesprentjie.

En as dit alles vir jou té byvoeglike naamwoord-oordrewe klink, asof dit uit een of ander glansryke reisbrosjure kom wat jou probeer oorreed om duisende rande te betaal om ’n oorsese vakansie te koop, kyk maar self. Stanley wys werklik hoe fassinerend Italië is.

Dinge daar is mooi – eintlik pynlik mooi van onwerklikheid – maar dis omdat die eenvoud daarvan so treffend is. Italianers leef ter viering van “die eenvoudige dinge”. Nie aards nie, maar onopgesmuk en dis nie ’n ingesteldheid wat jy kan “namaak” nie. Hulle is regtig só.

(Foto: National Geographic/Matt Holyoak)
(Foto: National Geographic/Matt Holyoak)

Vanuit sy van – Tucci – kan ’n mens natuurlik aflei dat Stanley van Italiaanse afkoms is, hoewel hy in New York grootgeword het. Met sy Italiaans-Amerikaanse herkoms waar ’n liefde vir kosmaak en kuier byna ingebore is, is dit natuurlik maklik vir hom om Italië te verken met beide ’n tipe “buitestander”-oog, maar ook ’n binne-oor.

Lees ook: Hier kom ‘n ding… Die amptelike lokprent vir Semi-Soeter is hier!

In die vyf episodes van Tucci in Italy, ontmoet Stanley plaaslike sjefs en ander kosmakers, vissermanne, kunssinniges en selfs cowboys terwyl hy proe aan disse en sappige skinderstories hoor.

Hy probeer egter nie doelbewus om ’n “perfekte” TV-program te maak nie, hoewel hy nou al klaar met sy drie Emmys bewys het dat die regte mens, op die regte plek in Italië, wat met die “regte” mense praat, inderwaarheid iets wonderbaarliks op die kassie kan skep.

“Ek probeer nie om enigiets, of my vorige TV-reis deur Italië te oortref nie,” vertel Stanley. “Ek wil net ware verhale eerlik wys en vertel.

“Ek dink as jy probeer om iets te oortref wat jy reeds gedoen het, gaan jy faal. In Tucci in Italy probeer ek om selfs nog ’n bietjie dieper te grawe, so dis eintlik die teenoorgestelde as voorheen – om nog méér van Italië en sy mense na vore te bring.

“Ek probeer nie oortref nie, ek probeer dieper delf,” sê hy.

“Ek probeer ook nie om Italië te romantiseer nie. Ek dink dis al tot naarwordens toe gedoen. Ek dink nie dis interessant nie, en nie eerlik nie. Ek probeer eerder net al hierdie wonderlike, uiteenlopende stories te verken en te vertel, wat ookal dit is, wat ’n ware prentjie skets van elkeen van hierdie Italiaanse streke.”

(Foto: National Geographic/Matt Holyoak)

In die geboorteplek van die Renaissance, Toskane, waar hy ’n gedeelte van sy jeug deurgebring het, proe hy aan ’n onverwagse ontbytdis. En dan wag daar Toskaanse cowboys en ongelooflike buitelug-feeskos in Siena by die wêreldberoemde Palio.

In Lombardy, Italië, se nywerheidshartland, wag daar kos wat jy nie kan glo mense maak nie. En as jy ietsie wil leer oor dié wêreld, beleef Italië se winkels en restaurante by vulstasies. Anders as Suid-Afrika, is die kry-kos-plekkies by vulstasies in Italië totaal op ’n ander vlak. Dit werk eenvoudig glad nie soos hier nie, en die verskil het ná die Tweede Wêreldoorlog begin. Dis gehalte-goed dié, en basies ’n bonatuurlike padreis-belewenis om te stop vir brandstof en dan by een van hierdie plekkies in te stap vir ’n gastronomiese ervaring – iets wat vir Italianers “standaard”, alledaags en vanselfsprekend is.

In Trentini-Alto Adige – Italië se noordelikste streek waar mense ook Duits praat – wag daar sop, ’n ski-ervaring, polenta en hengel in ’n bergrivier. In Abruzzo, een van die meer ongerepte streke van Italië, is daar Sondagete met ’n onverwagse Franse invloed.

In Lazio ander kant Rome, vaar Stanley die Italiaanse platteland in en smul aan Romeinse pizza, porchetta van Ariccia, ’n vissop en “lente-lam” – kosgoeters wat jy moet sien om te glo sulke koskunssinnighede bestaan. Vir die Italianers is dit natuurlik glad nie “kuns” nie, dis net alledaagse kos.

Wat Tucci in Italy so anders as ander kos- en reisreekse maak, is Stanley se egte nuuskierigheid en die feit dat die Italianers hom vertrou, dan oopmaak en sommer lekker klets asof hy die buurman is. Vir hulle is hy nie ’n Hollywood-ster of ’n toeris nie – hy is maar net een van hulle.

“Italië is hierdie fees vir die sintuie en Tucci in Italy is ’n uitnodiging na die tafel,” vertel Stanley.

“Dit gaan oor meer as kos. Dit gaan oor die mense, die geskiedenis en oor die lewenspassie wat van Italië waarlik so ’n spesiale plek maak. Ek hoop kykers kom saam op hierdie avontuur.”

KYK | Tucci in Italy se lokprent

Lees ook: Rolanda Marais oor vrouwees en nuus lees in Die nuusmakers

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

“Ek’s iewers tussen Dr. Phil en Judge Judy!” – Leandie du Randt oor haar rol in ‘The Mommy Club’ se reünie

Die aktrise en TV-aanbieder Leandie du Randt is die aanbieder van die reünie-episodes van The Mommy…

5 hours Gelede

‘Skemergrond’: Vyf gebeure wat Gemoedsdrif in Junie gaan ruk

In Junie gaan Skemergrond kykers vasgenael hou met asemrowende draaie en emosioneel gelaaide tonele. Die druk is…

6 hours Gelede

Maak gereed vir groei: GARDENA se gids tot herfsskoonmaak en winteronderhoud

Dis ’n belangrike praktyk om in die winter te snoei sodat jou bome en struike…

7 hours Gelede

‘Suidooster’: Ses kinkels voorspel ’n stormagtige winter

Met die Kaapse winter in volle swang, lyk dit asof die een storm na die…

12 hours Gelede

10 redes waarom jy rooi rose se Junie-uitgawe móét lees!

  Waar rustigheid, vrede en liefde heers Hulle het op die stel van ’n…

3 days Gelede

Raar kultivars by Kirstenbosch-proe vertoon

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      Die wynwinkel, Wine Concepts se takke, het…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.