As jy in jou vroeë veertigs is, is uitnodigings na troues skaars. Begrafnisse, ’n laatlam-doop of drie, en uitnodings na vrinne se kinders se een-en-twintigste verjaarsdae, dié word wel meer. Maar troues? Skaars. Veral as al meer om jou hul verkeerde keuses erken en dan ander kies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maar dié week hou ons bruilof. In die bloedige Stellenbosse hitte. Streng formeel, sê die uitnodiging. Swart, sê ek. Sonder ’n strikdas, sê die eg. Hakke aan, hare gedoen, en grimering (al dreig dit om in strome teen jou nek af te loop), sê die stem in my kop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ons hou bruilof.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Streng formeel kry ’n nuwe kinkel. Daar’s jeans, tekkies, T-shirts, blink aandrokke, strikdasse, plat skoene, strandrokke en sandale.
Kordate knapies gee die pas aan, die ringe is aan die vinger. Omdraaikans nou min. Ou getroude ooms knik simpatiek, die anties onthou met wasige verlange en huil wyse, warm trane.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dis die onthaal wat vassteek. Trotse ouers het elke bruidswens waar gemaak. Daar’s blomme, strikke, briefies, foto’s en Lotto-kaartjies vir elkeen wat in die bruidsgeluk wil deel. Die lekkergoedtafel kreun, die kos keurig, smaaklik.
En dan begin die dans. Die antie oorkant my se voete jeuk, jy sien hoe pomp sy hom in die ribbes, hoe vryf sy die eelt-vingers, hoe kyk sy diep in die ou oë. Hy teug traag aan sy glas, sit stewiger en plant homself vir die res van die aand.
Dan vang haar oog dié van ’n vriendin. Hul deel dieselfde avondleed. En woordeloos spring die twee en vat die vloer. Die vertrek se vroue verenig – die dansvloer roer.
Laataand kan die oom dit nie meer hou nie. Hy’t lus vir wikkel, die vloer nou ingedans. Dis sy beurt – die antie se oë blink, sy’s lankal opgewarm en vat die eelt-vingers stewig vas. Nou’s haar kans.
Vanaand is die vloer hul verhoog. Hul dans hul sorge weg, lag later oopmond as die antie se strappies-rok al laer sak en sukkel om die ou lyf binne te hou. “Wéér!” skree sy in sy dowe-oor. “Dis lewe is ’n strange paartie. Laat ons dans!”
En so hou ons bruilof.
Later die week staan ’n gebroke vriendin by haar kind se graf, ’n kollega begrawe ’n vriend. Ek dink aan elke dag se klagtes en kreune. En dan, op die vooraand van Pase, weet ek:
Die lewe is ’n strange paartie. Laat ons dans!
Geseënde Pase vir jou,
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.