kategorieë: Sukses en geld

Werk met ’n plan

Beplanning

• ’n Ordentlike kantoorstoel is ’n goeie belegging. Koop die beste wat jy kan bekostig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Dis beter as jou sleutelbord en skerm los van mekaar staan (nie soos ’n skootrekenaar nie) sodat die skerm op die regte hoogte geplaas kan word. Jou oë behoort in die boonste derde van die skerm te fokus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• As jy ’n skootrekenaar gebruik, let op ons wenke onder “Posisie”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Te veel lig is net so steurend soos te min. Moenie dat direkte sonlig op jou skerm val nie. Plaas jou rekenaar teen dieselfde muur as die venster, of hang dik rolblindings wat die lig uitsny.

• Maak ’n skeiding tussen jou werk- en leefplek. Die ideaal is ’n afsonderlike vertrek, maar soms is die werklikheid ’n afknyphoekie iewers in jou slaapkamer of leefvertrek. Dit help baie as jy hierdie gedeelte kan afskort. Al is dit net visueel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Gebruik ’n konsertinaskerm wat ook ’n mooi dekorelement kan wees. Of ’n boekrak. As die rugkant nie mooi is nie, verf dit in ’n ander kleur, of hang kunswerke daarteen.

• As jy nie plek vir ’n skerm het nie, kan jy ’n mat op die vloer gooi om jou plekkie visueel af te baken, of dalk die muur ’n ander kleur verf.

Produktiwiteitswenke

Wanneer jy van die huis af werk, is selfdissipline noodsaaklik. Jy sit dalk heeldag voor jou rekenaar, maar doen min. En dan moet jy naweke en saans inhaal.

Maak so

1. Gebruik ’n stophorlosie soos jou oefenhorlosie waarmee jy die tydsduur van jou oefensessies bereken. Of laai ’n app af vir jou slimfoon. Aktiveer die horlosie wanneer jy met regte werk begin en stop dit elke keer wanneer jy grappies, onbelangrike e-posse of nuus lees, of op Facebook doenig is. Jy kry dalk ’n nare verrassing as jy sien hoeveel tyd jy regtig aan werk bestee.
2. Begin elke oggend op ’n spesifieke tyd. Dan moet jy ordentlik aangetrek wees (nie pajamas en sweetpakke nie) sodat jy enige tyd iewers heen kan ry sonder om weer tyd te gebruik om aan te trek. Grimeer en eet vooraf ontbyt. Dit sal jou dadelik in die regte werksbui plaas.
3. Aanlynnuus, Facebook, korrespondensie en oproepe na vriende en familie is nie werk nie. Maak ’n reël dat jy net op vasgestelde tye na e-posse kyk en daarop reageer.

#rooirosewenk vir produktiwiteit: Gebruik ’n stophorlosie soos jou oefenhorlosie om te sien presies hoe lank jy daagliks werk.

Ken jou sit

As jy lang tye voor die rekenaar deurbring, is die regte posisie goud werd. Dit kan jou baie ure se fisioterapie en hoofpyn spaar.

Riglyne

Voete (in die skoene wat jy gewoonlik dra) plat op die grond. Sit jou voete op ’n trappie of telefoonboek as jou bene kort is.
Knieë net meer as 90 grade gebuig. Jou heupe moet effens hoër as jou knieë wees. (Sit op handdoeke as die stoel nie kan opskuif nie.)
Elmboë die sleutelbord moet op ’n hoogte wees waar jou elmboë 90 grade gebuig is en die sleutelbord moet aan die agterkant hoër wees (druk ’n boek in) sodat jou polse nie gedurig onder spanning is nie. Jy kry ook ’n stander wat ’n skootrekenaar se sleutelbord lig.
as jy regop sit (nie in ’n bondel soos ’n sak wasgoed nie) behoort jou oë in die boonste kwart van die skerm te fokus. Dit keer dat jy jou ken heeltyd moet oplig en jou nek onder druk plaas. Die skerm moet verkieslik effens na agter leun.

#rooirosewenk: As jy op ’n skootrekenaar werk, kan jy ’n ou sleutelbord en muis afsonderlik gebruik en die skootrekenaar op boeke pak tot die skerm op die regte hoogte is.

Beveilig jou data

Wat as jou skootrekenaar gesteel word? As jy van die huis af werk, is jou hele kantoor gewoonlik op jou rekenaar en as jy baie reis, verkies die meeste mense om net met ’n skootrekenaar te werk. As dit breek, gesteel word, of onklaar raak, is jou hele “kantoor” daarmee heen. Gelukkig kan jy jou data met verskeie stelsels beveilig. Jy kan die data voortdurend op ’n afsonderlike hardeskyf dupliseer. Sou iets met jou rekenaar gebeur, verloor jy gewoonlik nie meer as die laaste drie uur se werk nie.

Jy kan ook die “cloud”-stelsel gebruik waar jy al jou data in ’n “cloud” sit en jy gebruik dit soos jy dit nodig het. Die enigste nadeel van dié stelsel is dat jy altyd van ’n Internetkonneksie afhanklik is vir toegang tot die inligting.

Maak jou kantoor jou siek?

Pynlike hande of ’n dooie gevoel in die vingers: Jy het waarskynlik karpale tonnelsindroom waar die senuwees in die karpale tonnel in jou gewrig geknyp word weens ontsteking en swelling van die tendons. Dit kan help as jou sleutelbord, stoel en skerm op die regte hoogte is. Of verander die hoogte en afstande vir ’n week en kyk of dit verbeter. Gesels met jou huisdokter oor anti-inflammatoriese medikasie as jy op vakansie is en nie heeltyd op ’n sleutelbord werk nie. Hierdie blaaskans kan die ontsteking tydelik opklaar. As dit erg pynlik is, is chirurgie al oplossing.

Jou sleutelbord kan vyf keer meer kieme hê as ’n gemiddelde toiletsitplek!

Die verbruikersgroep “Which?” in Engeland het toetse gedoen en mikrobioloë het vasgestel dat daar op sommige sleutelborde meer as 150 keer die aanvaarbare hoeveelheid kieme op gehad het. Dit gebeur veral omdat mense eet terwyl hulle werk en kosdeeltjies saam met ander bakterieë op die hande vinnig vermeerder en later ’n klein biologiese oorloggie kan voer – genoeg om jou soortgelyke simptome as voedselvergiftiging te gee. Oplossing: Ontkoppel jou sleutelbord, dop dit om sodat los deeltjies uitval en vee die sleutels met ’n antibakteriese lappie af soos dié wat gebruik word om badkamers skoon te hou of spesiaal vir elektroniese toerusting gemaak is. Doen dit minstens een keer per week.

Is jou waterbottel ’n broeikas vir kieme?

Almal probeer ekovriendelik wees en hergebruik plastiekbottels eerder as om nuwes te koop. Ongelukkig word dit selde gewas en as ’n bottel met ’n klein bietjie water in jou warm voertuig lê, kan daar heelwat bakterieë groei. Veral as jy dit vroeër in ’n sweterige gimsak gebêre het. Plastiekbottels met dun nekkies is moeilik om skoon te hou. Koop liewer ’n bottel met ’n breë opening. Glas of metaal is oor die algemeen die veiligste, want jy kan dit in die skottelgoedwasser was. Vir ander bottels wat nie skottelgoedwasserbestand is nie, skrop met ’n bottelborsel en skottelgoedseep. Jy kan ook oplossings soos Milton gebruik wat bababottels steriliseer. Onthou om ’n skoon afdroogdoek te gebruik. Maak ook seker dat bottel droog is voor doppies opgesit word en dit gebêre word. Sorg ook dat tuitbekkies en strooitjies ordentlik geskrop word.

#rooirosewenk Meng 1 eetlepel bleikmiddel (soos Jik) met 1 koppie water, gooi in die bottel en draai die prop op. Laat dit vir twee minute in die bottel staan. Spoel goed uit.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.