kategorieë: KalenderOntspanning

Leef in die oomblik met Lush 2.0

Lush vind vanjaar plaas tussen 14 en 17 April 2017 by die Linwood Farm in die boomryke dorpie Clarens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir diegene wat hou van ’n uitdaging, is daar bergfiets- en hardlooproetes met ’n asemrowende uitsig, begeleide toere deur Suid-Afrika se ryk en ruwe landskappe en perdry in die boomryke platteland. As jy op soek is na die opwinding van nuwe avonture, kan jy hoog vlieg in ’n warmlugballon, vlotvaarte op die rivier ervaar of selfs die asemrowende natuurskoon van kranse en rotsformasies geniet terwyl jy in die Maloti-berge abseil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As musiek jou sintuie wakker maak, sal jy floreer tydens Lush se optredes wat die Australiese rockgroep The Temper Trap insluit terwyl plaaslike bekendes soos Jeremy Loops, Karen Zoid en  Francois van Coke ook te sien sal wees. Daar word smullekker kos aangebied, asook ’n verskeidenheid craft-biere van die land se beste broumeesters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Omdat die fees drie dae lank duur, het organiseerder verseker dat daar genoegsame blyplek vir gaste sal wees wat gebruik kan maak van hulle selfsorg-hotelle, B&B’s en kampeerplekke asook die gastehuise en -plase in en rondom die dorp. Daar sal ook ’n verskeidenheid ‘tent-hotelle’ wees wat opgerig word deur Harambe – bekend vir hul kampplekke by Oppi Koppi. Elke tent sal beddens, kragpunte en ook luukshede soos privaat storte, ’n restaurant wat die ontbyt (ingesluit by prys) voorsien en sy eie kroeg het.

Lush beloof om ’n wêreldklas-fees te wees en ’n prettige uitstappie vir plaaslike en internasionale besoekers te bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir meer inligting oor die fees, besoek gerus www.lushfestival.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.