kategorieë: KosSomerkos

Lekker idees met roomys

• Suurlemoenbakkie: Sny ’n suurlemoen of enige ander vrug met ’n harde skil middeldeur. Skep al die vlees uit en maak seker die binnekant is mooi skoon. Skep ’n skeppie roomys in en vries oornag.
• Sjokolade-en-bloubessie-toebroodjie: Ons het Today’s Ready-to-bake-sjokoladedeeg uitgerol en reghoekige koekies uitgesny en gebak. Pak twee koekies op mekaar met roomys.
• Versier jou kolwyntjies met roomys.
• Gekoopte meringues maak ’n heerlike en vinnige roomystoebroodjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Beste wenk vir roomys

Haal die roomys ’n paar minute voor opdiening uit sodat dit effens sagter word voor jy dit opskep en balle vorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

JY KAN roomys en sorbet in enige vorm laat vries

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Broodpannetjies, plastiekbakkies, ou jogurtbakkies, ramekins, en in metaal- of keramiekhouers. Jy kan die bakkies met kleefwerende kossproei spuit as jy wil seker maak die roomys kom maklik uit. Haal die roomys ’n paar minute voor opdiening uit, laat staan en wikkel effens tot dit loskom. As dit regtig vassit, kan jy ’n warm lappie onder die vorm hou. Moenie in warm water sit nie, want dan smelt die roomys sommer heeltemal.

Vrugte onbekombaar?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Gebruik bevrore bessies of geblikte vrugte soos grenadella en mango. Vrugtesap maak heerlike sorbets. Maak blitsroomys met vrugtejogurt: Meng 1 blikkie mango’s, fyn gemaak in die stroop, en 1 k (250 ml) mangojogurt. Gooi in vormpies en vries.

Het jy nie ’n roomyskarring nie?

Jy kan roomys maak al het jy nie ’n roomyskarring nie. Yslollies en ’n semifreddo word byvoorbeeld glad nie gekarring nie.

Roomys wat van vla gemaak word, moet gekarring word om die yskristalle in kleiner, egaliger kristalle af te breek sodat jy ’n dik en weelderige roomys kry. Maak basiese vrugteroomys. Gooi die mengsel in ’n plat vlekvryestaal- of glasbak en vries vir 2-3 uur, of tot die kante begin vries (die tydsduur verskil van vrieskas tot vrieskas). Krap nou die kristalle met ’n vurk of ’n elektriese klitser van die kante weg en meng deur. Herhaal die proses elke 2 uur tot die roomys begin verdik en romerig lyk. Maak toe en vries oornag.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.