kategorieë: KosSomerkos

Lenteslaai met ’n verskeidenheid eiers

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het vir die lekkerte verskillende eiers gebruik, maar jy kan net hoendereiers gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

250 g dikspek, in repies gesny
dagoue plaasbrood in stukkies gebreek
2 ganseiers
2 hoendereiers
4-6 kwarteleiers
’n hand vol roketblare, bronkors (watercress) en ander babablare
30 ml (2 t) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
parmesaan met ’n groenteskiller in dun lappies gesny

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Braai die spek bros en hou eenkant. Braai die stukkies brood in dieselfde pan in die vet van die spek tot goudbruin. Hou eenkant.
2 Kook die ganseiers vir 4-5 min. In borrelende kookwater (’n saggekookte eier). Haal die eiers met ’n gaatjieslepel uit en dompel in koue water. Kook die hoendereiers vir 3-4 min. En sit ook in koue water. Kook die kwarteleiertjies vir 1½ min. En dompel ook in die koue water.
3 Sit die slaaiblare op ’n mooi opdienbord en strooi die spek en brood daaroor.
4 Dop die eiers af, breek versigtig oop en sit op die slaai. Geur met sout en peper (ons het ’n oulike brandrissiesout by Woolies gekry) en sprinkel die olyfolie en suurlemoensap oor. Eindig met die lappies parmesaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.