kategorieë: InspirasieJou lewe

Lewe met oorgawe

Hier is haar antwoord op die vraag: Wat het jy al reggekry wat jou verbaas het, of wat onvoorstelbaar was toe jy jonger was?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Ek het my st. 8-biologie-onderwyser geklap toe sy my baie trotse werkboek in haar vistenk gegooi het. (Ek het ’n tweede boek gehad, aangesien die eerste een met ’n jodium-eksperiment opgemors was, en sy kon dit nie onthou nie. Terwyl ek altyd ’n onderskeiding in haar klas gekry het!) Die hoof het my ingeroep en aan my verduidelik dat die onderwyseres aan ‘geweldige spanning’ lei.
  • Ek het ná universiteit vir byna tien jaar die wêreld gaan ondersoek. Twee+ jaar in Japan as onderwyser en radio-omroeper; twee jaar+ in Amerika as MA-student in Boston; drie maande in Praag as dokumentêre joernalis en filmmaker vir Česka Televize; drie maande in Parys as die runner vir ’n mode-fotograaf; ses maande in Botswana met ’n safarigroep as kosmaker en kakhuisgrawer in die sand.
  • Ek het myself een aand aan Valiant opgedring as ‘backing vocalist’ – that did not go down so well, maar hy was steeds lieflik-vriendelik daarna.
  • Ek het myself leer klavier-speel; drie kinderboeke vir die Departement van Onderwys geskryf; ’n digbundel ook. My eerste volwasse roman word in Maart 2017 deur LAPA uitgereik en by die Woordfees bekend gestel. Die voorlopige titel is ‘Pelgrimshoop’. Daar is nog ’n digbundel op pad, en ’n roman ook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het in 2011 bankrot geraak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Ek het aanvanklik ingenieurswese studeer en toe besluit om eerder van die kunste ’n loopbaan te maak.
  • Een aand het ek op stage tydens ‘n poetry show in ‘n zombie verander nadat ek vir sowat 60 ure nie geslaap het nie. Dit was heel embarrassing. Ek kon net een geluid maak: ‘Ssshhhhhh….’ My tema was ‘water’ vir die ‘nuwe gedig’ wat ek moes skryf.
  • Ek het die heel eerste bungee jump in SA gedoen – regtig! Van ‘n 25m hyskraan af, vir ‘n SAUK TV-program. Djeez, in die ’90s iewers. Het later ook by Vic Falls en Stormsrivierbrug ge-bungee.
  • Ek het een keer in 1984 toe ek vir ‘n jaar by die SAUK gewerk het, vir Anneline Kriel vasgehou en getroos voor ‘n groot TV-onderhoud…
  • Ek het uit die ooste van Pretoria na die Moot getrek. Beste besluit OOIT.
  • Ek het verslaaf geraak aan MotoGP, ’n motorfiets-sport.
  • Ek is verslaaf aan kinder- en jeuglektuur.
  • Ek het in Denmar beland na byna 5 jaar se krisisse rondom my gesin en familie wat bykans almal gesterf het (haai, en ek’t altyd gedog ek’s so sterk!)
  • Ek het in 2011 bankrot geraak.
  • Ek swem baie goed.
  • Ek het vir Gary Player gewerk as sy bestuurder vir twee jaar. Toe kom klop Aardklop …
  • Ek het twee stiefkinders, Mia en Kai, geërf wat die kern van my hart is.
  • En die beste van alles – ek het 52 geword en voel steeds 20!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: lewelekker

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.