kategorieë: Mode

Li Edelkoort

Daar is min mense wat jou so kan inspireer dat jy soos ’n beter mens voel nadat jy tyd saam met hulle spandeer het. Dit is wat Li Edelkoort, die Nerderlandse trend-voorspeller, kurator, uitgewer en opvoedkundige vir my is. Sy was my inpsirasie vir my tesis op Color Theory en Trend Analysis tydens my studentejare. Sy het dit bemeester om te bepaal hoe die wêreld se gebeurtenisse en blootstelling ’n invloed op mode het. Soos die Olimpiese Spele in London, wat bygedra het tot die groot fokus op die Sport Lux mode-tendens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het vroeër vanjaar haar trend-voorspel-voorlegging, in samewerking met Woolworths, bygewoon. Sy gee nie net die interessantste en akkuraatste voorspellings nie, maar jy stap ook met ’n paar lewenslesse weg. Soos, hoe terapeuties dit kan wees om skottelgoed af te droog en ook jou seëninge te tel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Paar interessante mode-voorspellings vir Somer 2013 wat sy met ons gedeel het, sluit in:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gift of light – die materiale gaan vars en lewendig wees. Dink aan linne en katoen. Intrekbande gaan die ritsluiters vervang. Die kleure is wit! wit! wit! Wit hemde met wit of gekleurde broeke asook pastelkleure. Hemde is meer belangrik as T-hemde hierdie somer.

Meeting of spirits – minimalisties in skulp- en botterkleure. Tekstuur is belangrik vir bykomstighede. Hemde in verskillende mou-lengtes is ’n belangrike item. Laag op laag asook wit en bleek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

The bliss of home – die materiaal vir mode lyk soos die materiaal uit jou kombuis. Dit is huislinne en geruite stowwe in helder geel, groen, blou en rooi. Silwer en goue borduursel is ook groot nuus.

The skills of hand –  hand-stikwerk, drukwerk, hekelwerk, versiersel en plaaslike ontwerpe. Skep ’n plaaslike ekonomie. Rooikoppe is weer mode. Die 1920’s styl is ook deel van die voorspelling.

Nursing of plants –  wit, blommotiewe, delikate en romantiese patrone, groen op wit patrone, kleure van blomblare. Meng en pas, beweeg weg van rokke en kies eerder ’n romp met ’n hemp. Dra helder rompe saam met wit kraaghemde.

The order of shapes –  boksvorms en sakdoeke is terug. Draai ook weer jou geskenke in ’n boks toe.

Longing for repetition –  Strepe. ’n Mengsel van verskillende strepe in swart, wit, rooi, geel en groen.

Dance –  kaalvoet en platskoene. Wit denim en katoen.

The foolishness of fashion –  wit en swart soos ’n klavier se klawers. Strikdasse en korvette.

Dit was vir my baie interessant om te sien hoe in-die-kol sy was met haar voorspellings toe die somerboeke op die rak verskyn.

Jy kan ook meer lees en leer van Li Edelkoort in haar boek Bloom wat beskikbaar is by LIM in kloofstraat of op die webtuiste www.trendtablet.com

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.