Lieflike lietsjies

Lietsjies op ons rakke beteken dit is uiteindelik somer. Dié Oosterse vruggie met die knopperige dop is ewe lekker saam met soet en sout geregte, en nog goed vir jou ook, want dis ryk aan kalsium, vitamien C en kalium.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koop só: Die kleur van die dop verander van groen na ligbruin wanneer die vrugte ryp is. Vermy pap vruggies met donker kolle op die dop.

Gebruik só: Skil die vrugte af, sny die donker pit uit en gebruik die glasige vlees. Die vlees kan gekook word in strope, drankies geur, as puree gevries word, vir roomys, of vars in slaaie gebruik word.

Geurpasmaats: gemmer, koljander, sojasous, eend, vark, hoender, kerrie, rooswater, amaretti-beskuitjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blitsidee vir lietsjies

Vries 250 ml (1 k) lietsjies. Stamp ’n hand vol gekapte kruisement, 30 ml (2 e) gemmer en 15 ml (1 e) suiker in ’n stamper en vysel. Meng die kruisementmengsel met 750 ml (1 bottel) droë vonkelwyn, 500 ml (2 k) lietsjiesap en 500 ml (2 k) sodawater. Skink op ’n warm somerdag saam met die lietsjie-ysies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.