kategorieë: KalenderOntspanning

Linden lentemark op 28 September 2019

Linden lentemark op 28 September 2019 inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kom vier die lente by The Linden Market!

Die koue wintersdae het plek gemaak vir lieflike lentebloeisels, en dis byna tyd vir The Linden Market. Ons vier die lente met ‘n spesiale lentemark op Saterdag 28 September by die Botaniese Tuine in Emmarentia.

Een van ons nuwe mediavennote, Classic 1027, gaan sorg vir lieflike, ligte klassieke musiek, uitgevoer deur ‘n strykkwartet. Kom ontspan tydens Classics in the Garden (van 12:00-14:00) en vergeet vir ‘n oomblik van jou besige lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met die mark se nuwe groen fokus is dit vir ons ook lekker om National Geographic se Planet or Plastic-inisiatief by ons lentemark te verwelkom. Hiermee hoop ons om te help met opvoeding en bewusmaking rondom die plastiek-krisis en enkelgebruik plastiek sodat ons uiteindelik hierdie soort plastiek heeltemal kan uitskakel. Markgangers wat kan bewys dat hulle ‘n plastiekvrye alternatief gekoop het by die mark, kan boonop ‘n gratis Consol-waterbottel kry.

National Graphic, Consol en The Linden Market lei ook ‘n skoonmaakaksie van die Botaniese Tuine  ‘n uur voordat die mark om 09:00 begin. Vrywilligers sal gratis toegang kry tot die mark sowel as ‘n Consol-waterbottel. Word ‘n TLM Clean Up Ambassador en maak ‘n verskil in jou gemeenskap!

Die The Linden Market is passievol oor plaaslike liefdadigheidsprojekte, en hierdie keer kom The Santa Shoebox Project, ‘n nasionale liefdadigheidsorganisasie gemik op kinders, aan die beurt. Onthou, dit hoef nie Kersfees te wees om ‘n verskil in ‘n behoeftige kind se lewe te maak nie!

Kom snuffel gerus tussen die rakke van ons 150 uiters talentvolle uitstallers – daar is beslis iets vir almal! Van handgemaakte juweliersware tot swemdrag, sarongs, die oulikste babaklere en lieflike leerskoene en -bykomstighede. Plante, blomme, koue wyn en bier en heerlike kos maak dit die ideale uitstappie om die lente mee te vier. Bring jou gesin en vriende en kom geniet die dag saam met ons! Daar is boonop hope prettige vermaak vir die kleingoed – van springkastele en trampoliens tot gesigverf en kunsaktiwiteite. En onthou, by The Linden Market is ons mal oor honde – bring dus gerus jou beste vriend ook saam!

Linden lentemark op 28 September 2019

Belangrike inligting

Sien jou 28 September tussen 09:00 en 4:00 by die Botaniese Tuine in Emmarentia (45 Thomas Bowler Street).

Toegang: R30 vir volwassenes, kinders onder 12 gratis. Pensioenarisse R15.

Kaartjies aanlyn te koop by https://qkt.io/I1q32y

Veilige parkering teen R20 by Rooseveldt High.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.