kategorieë: Nuut & NouKos

Liplekker Darling Sweet

Darling Sweet het drie jaar gelede in Darling in die Wes-Kaap ontstaan en vinnig tot een van Suid-Afrika se voorste toffiemakers gegroei. Die toffies word met die hand gemaak volgens tradisionele metodes en bevat geen kunsmatige kleursels, smaak- of preserveermiddels nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die spesiale aard van die produk word versterk deur die feit dat die toffiemakers – Hentie van der Merwe en Frits van Ryneveld – ’n *reeks geure verskaf wat eie is aan Darling en die omgewing deurdat hulle soveel moontlik bestanddele van plaaslike bronne gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Benewens die verskeidenheid toffies lewer hulle ook toffiesmeer in drie geure – Tannie Evita’s Classic, Bird’s Eye Chili, en Honey & Salt, asook veldblomheuning uit die omgewing en fleur de sel, seesout wat met die hand geoes word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Een van ons vernaamste oogmerke is werkskepping en die geleentheid tot loopbaanontwikkeling in ons gemeenskap. Ons is erg trots op die feit dat ons al aangegroei het tot twintig voltydse werknemers – en almal werk met trots onder die vlag van Trots Suid-Afrikaans,” sê Van der Merwe.

Die verhaal van Darling Sweet is merkwaardig en inspirerend. Hulle het nie alleen werksgeleenthede vir dorpenaars geskep nie, hulle lok ook landgenote en buitelanders om hul produk te proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ook Evita Bezuidenhout vind die toffies voortreflik en sy het ingestem dat die klassieke geur haar naam dra! Op hul beurt ondersteun Darling Sweet thedarlingtrust.org

Besoek die webblad vir meer inligting

*Die reeks geure van Darling Sweet se toffies sluit in Coffee, Mint, Honey & Salt, Red Wine & Chocolate, Orange & Cranberry, Liquorice, Sour Fig, Birds Eye Chilli, Ormonde Wines asook die tradisionele Tannie Evitas Classic Toffee.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.