www.pixabay.com
– Deur Cornel Dunn. Hooffoto: Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Jou keuse van kleur is die beginpunt. As jy alreeds heelwat kleur en patrone in jou vertrek het, moet jy verkieslik ’n effekleurige mat kies wat een van jou bestaande kleure komplimenteer of alternatiewelik natuurlik gaan. As jy ’n bont mat verkies, is dit beter om die mat eerste aan te skaf en die meubels daarna.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }’n Mat is dikwels die grootste item in jou vertrek. Neem dus jou vloerbedekking en muur se kleur in ag. Moet egter nie té veilig speel nie, ’n helder mat kan ’n vertrek ’n groot hupstoot gee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Daar word dikwels nie gelet op die tekstuur van die mat en die invloed daarvan op die vertrek nie. ’n Vertrek met baie tekstuur en verskillende lae skep ’n ryk en warm gevoel. Daar is soveel meer beskikbaar as wol en sisal.
Kombineer jou bestaande meubels met ’n kontrasterende tekstuur. Kombineer fluweel met ’n grasmat of ’n leerbank met ’n mat met ’n lang pluis. Wees ook prakties. Indien ouer mense die mat sal gebruik, kan ’n lang pluis hul stapvermoë belemmer.
Hier moet jy jou eie oordeel gebruik. ’n Los mat moet jou hele sit-area akkommodeer, nie noodwendig die hele vertrek nie. Ten minste die voorpote van jou banke en stoele moet op die mat staan. In die eetkamer moet die mat onder die tafel groot genoeg wees om ook die stoele the akkommodeer.
Neem ook die vorm van jou vertrek in ag. ’n Vierkantige vertrek werk beter met ’n vierkantige of ronde mat. Dieselfde geld vir ’n langwerpige vertrek.
Hertex | hertex.co.za
@Home | 0860 576 576
Mr Price Home | 0800 212 535
Superbalist | superbalist.com
Rebtex | 083 616 0535
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.