kategorieë: DekorLeefstyl

Luukse fluweel

Deur Cornel Dunn. Foto: abracada/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Fluweel kan by enige dekorvoorkoms pas – ons wys jou hoe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Modern

Beperk die vorm van jou meubels tot die 1950s-voorkoms sonder tierlantyntjies. Onthou dat hierdie voorkoms verskeie teksture benodig om effektief te wees. Kry ’n leerpasmaat vir jou fluweelbank en maak gebruik van moderne geometriese muurpapier as fokuspunt. Kies kleure soos rooi, bruin, groen en mosterdgeel.

Luuks

Hierdie voorkoms is sjiek en esteties sterk: Fluweel is die perfekte materiaal om oraloor ’n luukse vertrek te gebruik. Kombineer eenvoudige baliestoele met ’n deurknoopte bank in fluweel. Juweelkleure is hier die beste keuse om ’n ekstra luukse spasie te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eklekties

Vir ’n eklektiese voorkoms is dit belangrik om baie verskillende teksture en materiale te meng. Meng macramé, rottang, marmer en metaal met die fluweel.

Tradisioneel

Maak hier van lae gebruik: Neutrale en dowwe kleure werk goed. Groen kussings en ’n grys bank kan ’n leerstoel of Oosterse mat komplementeer.

Industrieel

Industriële liefhebbers mag dink dat fluweel nie by hierdie voorkoms pas nie. Fluweel kan egter warmte bring sonder om te ver van hierdie styl te beweeg. Kies fluweel uit ’n koel neutrale palet met kleure soos leiklip, graniet en blou.

Elegant en klassiek

In hierdie voorkoms is jou opsies met fluweel eindeloos. Kies klassieke ontwerpe in meubels soos ’n “Wingback”-stoel in ’n sagte pastelkleur en neutrale fluweel.

Verskaffers:

Mr Price Home | mrphome.com

@Home | home.co.za

Weylandts | weylandts.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn
Tags: decor

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.