Ontwerper Marc Jacobs van Louis Vuitton fokus hierdie seisoen op die luukse kwaliteit en koninklike behandeling van die materiale wat vervaardig is vir die 2013/2014 modereeks.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } Die drie ikoniese handsakke
Die drie ikonie handsak-ontwerpe is vereer in sag en soepel samestellings om die sensuele vroulike elemente te aksentueer. Gedetaileerde teksture van gansvere, maraboe en krokodil maak deel van die weelderigheid. Die Speedy handsakke se handvatsels is eksoties uitgegraveer met die hand, die Piton-handvatsels is van egte horing en die erkende metaalketting aan die Pochette Accessoire is versier met kosbare stene.
Die voorkoms trek nie net aandag met die wêreldbekende handelsmerk nie, maar die algehele voorkoms se verleidelikheid is onweerstaanbaar. Die modereeks voer ’n gevoel van une robe de chambre mee. Dis wanneer jy jouself met houding aantrek en beeldskoon grimeer net om te besef dat die mees luukse bestemming jou eie weelderige hotelkamer is.
En vir die mans…
Die materiaal en struktuur van die mansreeks is aangepas met ’n spatsel vroulikheid deur die materiaal-keuses. Van fyn maraboe-afwerkings tot vere-borduurwerk, die versierings is dekadente koesterings wat die klerestukke foutloos afrond.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wees deel van die luukse leefstyl en besoek Louis Vuitton by http://www.louisvuitton.com/front/#/dispatch.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.