kategorieë: Reis

Nambiti: Hier kom jy weer tot verhaal

Daar is min plekke waar jy so totaal ontspan soos in die bos. Die grootste rede is waarskynlik omdat daar nie veel meer is wat jy kan doen buiten om diep asem te haal en die natuurskoon rondom jou te geniet nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Geen winkels om elke dag heen te jaag en kos te koop nie. Geen werkies in die huis wat jou vrye tyd opslurp nie. Hier hoor jy voëls eerder as huisalarms en die gesnork van seekoeie in die verte eerder as die snelweg se geruis. Na ‘n paar diep teue van die heerlike vars lug daal jou bloeddruk en voel jy weer gereed om die mooi in die lewe raak te sien en nie te fantaseer oor ‘n eenrigting-kaartjie Mars toe vir die swak bestuurders in die daagse spitsverkeer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy boonop wild kan besigtig in ‘n gebied wat malaria-vry is, veel te beter. Die Nambiti-wildreservaat buite Ladysmith beantwoord aan al hierdie versugtinge en nog baie meer. Die rit behoort jou ongeveer vier ure te neem uit Johannesburg en na jy by die hek parkeer het, kom een van die wildbewaarders jou in hul eie voertuig oplaai. Ons voertuig was redelik laag, maar ons het geen probleem met die stukkie grondpad gehad nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons eerste besoek was aan Umzolozolo Lodge wat op ‘n koppie sit en oor ‘n pragtige vallei uitkyk. Die uitkykarea is langs die swembad wat ‘n oorlooprand het wat oor die kant stort. Al sit jy die hele naweek net daar en tuur in die verte, gaan dit al klaar die moeite werd wees.

Ons besoek was teen die einde van Januarie, maar die weer was ongewoon koud en reënerig. Tog was dit die ideale geleentheid om op jou eie stoepie te sit en lees. Die eenhede is so gerangskik dat jy nooit jou buurman hoef te sien of te hoor nie en jy kan in volle privaatheid die buitestort gebruik. Met net ‘n geitjie wat jou dophou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Weens die nimmereindigende reën het ons net twee wildsritte tussen Vrydagmiddag en Sondagoggend ingepas, maar die mense wat dapper genoeg was om in die gietende reën uit te gaan, het selfs in die nattigheid mooi diere gesien. Tog was ons nie teleurgesteld toe ons wel kon gaan nie. Ons sien olifante, seekoeie, besonder baie kameelperde, renosters en verskeie boksoorte en buffels in die gebied waar ons gery het.

Ons het ook een aand in Elephant Rock geslaap waar ons eenheid met bos en bome omring was en jou voorwaar die David Livingston-gevoel gegee het van baanbreker in die middel van die bos.

As jy moeg raak vir diere kyk, kan jy in die voetspore van toendertyd se Boere en Khakis in die Anglo-Boere-oorlog gaan stap en sien waar beroemde veldslae soos Die Slag van Elandslaagte en Spioenkop geveg is. Daar is verskeie gedenktekens en die ou veldhospitaal staan nog steeds en word tans as behuising vir een van die personeel gebruik.

Die 11 000 hektaar van die hele Nambiti-reservaat het 10 lodges (www.nambiti.com) wat in elke smaak en gier sal voorsien. ‘n Paar is ook kindervriendelik. Springbok Lodge is ‘n weelde-tentkamp waar jy die heerlikheid van kampeer en die weelde van beddens en badkamers het. Hierdie kamp is ook kindervriendelik en groot pret vir kinders uit gesinne waar ouers koue rillings kry as jy die woord tent en ablusieblokke in een sin gebruik.

Die Nambiti-area het ‘n verstommende verskeidenheid flora en fauna. Jy kan 280 voëlsoorte hier sien. Die Sondagsrivier vloei deur die area en sorg vir asemrowende 40m watervalle en lieflike rotspoele. Dit verseker natuurlik ‘n goeie bron van water vir die diere.

Omdat die reservaat so ‘n groot gebied beslaan, is die veld baie divers en kry jy ‘n groot verskeidenheid soorte plantegroei wat verskillende soorte diere onderhou. Dit maak dit ook maklik om ‘n verskeidenheid van diere te sien in een wildsrit. Die Groot Vyf is hier te sien en ons het alles buiten die baie skugter luiperd gesien.

Die reservaat is net ‘n uur van die Drakansberg waar jy verskeie adrenalienbelaaide aktiwiteite kan doen. Daar is 4×4 roetes, wandelroetes, “white river rafting”, rotsklim, perdry, kunsvlieghengel, gholf, vierwielfietse (quad bikes) en vele meer. As jy in die winter gaan, het jy ook die moontlikheid van sneeu op die Drankensberge. Maar pak dan maar al jou knus kleertjies in, want die koue lug trek in ‘n ysige streep deur die reservaat.

Tog sal die gasvryheid van die personeel jou hart warm laat klop en die groot kaggelvuur in die eetkamer jou tot vele sjerries verlei.

Toe ons na drie dae die reservaat verlaat, was dit met herlaaide batterye en ‘n nuwe kwota Jobsgeduld vir die uitdagings van die gewone sleur van die lewe. Al was dit ‘n kort besoek, omgewe die stilte en rustigheid jou lank na jy die laaste wewenaar van jou klere afgetrek het en modder van jou skoene gewas het. Jy voel weer geaard en naby aan die grond van Afrika en trots om te kan sê dat dit deel van jou erfenis is.

Lys van lodges: Nambiti Plains, Nambiti Hills, Esiweni Lodge, Elephant Rock Lodge, Umzolozolo Lodge, Lion’s Valley Lodge, Springbok Lodge, Woodlands, Nambiti Falls Lodge. Idwala Lodge is ‘n privaat-lodge.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.