kategorieë: Reis

Spesiale afslag op ’n droomreis

Die luukse Rovos Rail is al sedert 1989 in werking. Die pragtige gerestoureerde trein neem gaste terug na ‘n tyd toe treinritte ‘n elegante en dekadente geleentheid was. Die klassieke hout-passasierswaens is ontwerp om 72 gaste in gemak te akkommodeer. Elkeen het ‘n en suite-badkamer en ander moderne fasiliteite wat reisigers kan verwag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gaste kan oor die pragtige Suid-Afrikaanse landskap uitkyk terwyl hulle vyfster-maaltye, bekroonde wyne en uitstekende diens geniet. Elke rit het spesiale uitstappies wat gaste toelaat om Suid-Afrika se ryk historiese en kulturele erfenis van nader te verken. Een hoogtepunt is ‘n besoek aan die Rovos Rail Stasie in Pretoria waar al die ritte begin of eindig. Die grasieuse koloniale treinstasie is die hoofkantoor vir die private spoorwegmaatskappy en is ‘n moet-sien vir stoomlokomotief-entoesiaste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bepalings en voorwaardes

Die aanbod is slegs geldig vanaf 1 April tot 30 September 2013 vir die gespesifiseerde eenrigtingreis vir twee mense wat ’n Deluxe Suite deel.
Die aanbod kan nie saam met enige ander spesiale aanbiedinge gebruik word nie.
Aanbod is slegs geldig vir bewoners van Suid-Afrika ouer as 18 en wat ’n Suid-Afrikaanse ID of paspoort besit.
Besprekings is noodsaaklik.
Die aanbod hang af van beskikbaarheid en sluit nie footjies, soeweniers van die geskenkwinkel en hotel- of vlugbesprekings in nie.
Rovos Rail se bepalings en voorwaardes geld, besoek www.rovos.com vir meer inligting.
Vir besprekings e-pos
reservations@rovos.co.za of bel Pretoria 012 315 8242 of Kaapstad 021 421 4020.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.