kategorieë: Mode

Lyk 5 kg ligter

Die vroulike liggaam het pragtige kurwes wat elke vrou besonders en uniek maak, maar tog wens die meeste vroue gedurig dat hulle net ’n paar kilogram ligter kan lyk. Vir diegene wat hierdie illusie nastreef, is daar goeie nuus! Miraclesuit, die bekende Amerikaanse swemklerereeks, se 2012/2013-reeks het pas in Suid-Afrika aangeland. Hierdie gewilde reeks wat vroue van alle groottes prysenswaardige “vormbeheer” bied, lyk soos ’n wonderwerk – vandaar die naam “Miraclesuit”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Miraclesuit vlei natuurlike kurwes en is bekend daarvoor dat die swemklere vroue tot 5 kg ligter kan laat lyk. Die unieke swemklere vorm, verslank en bied fermheid aan die liggaam. Hierdie wonderpakkie het drie maal die “intrekvermoë” van ’n gewone swembroek, danksy die innoverende Miratex-materiaal wat drie maal soveel rekbaarheid as lycra bevat. Die wonderwerk begin in die ontwerp, aangesien elke swembroek noukeurig gesny word. Verder gebruik Miraclesuit die beste bra-ondersteuningstegnologie om elke vrou die selfvertroue te gee om op die strand of langs die swembad te ontspan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanjaar se reeks word gekenmerk deur asemrowende kleure, kreatiewe style en interessante motiewe. Verder skep die gebruik van drapering, plooie en wringgaring weelderige teksture. Tydlose kleure soos rooi en wit-en-swart is te sien terwyl opwindende nuwe kleure soos akwamaryn en ’n dieppers, getiteld “Aubergine” op die voorgrond is. Ander motiewe sluit in ’n mengsel van swart-en-wit patrone, eksotiese blommotiewe en luiperdvelmotief.
Nog ’n nuwe toevoeging tot die Miraclesuit-handelsnaam is die Miraclebody-denimreeks. Hierdie unieke denim is spesifiek ontwerp om die perfekte figuur te help skep, maak nie saak watter nommer ’n vrou dra nie (die denims is beskikbaar in nommers 32-44).
Die Miraclebody is ’n lycra-denim wat die bobene verslank, die agterstewe oplig, die maag intrek en terselfdertyd gemaklik pas. Hierdie denim is beskikbaar in kleure soos uitgewaste blou vir loslitdae, terwyl swart meer weelderig is. Vroue kan kies tussen ’n bootcut, straight cut, skinny minny asook jeggings (kombinasie tussen ’n denim en leggings).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om hierdie nuwe denimreeks mee af te rond, is daar pragtige, vroulike toppies en kamisole. Die beste van alles is dat hierdie toppies nie net mooi en modieus is nie, dit verbloem ook ongewenste rolletjies. Die ondertoppie het ’n gemaklike Miratex-ondersteuningstruktuur wat ’n netjiese middellyf vertoon.

Besoek www.miraclesuit.co.za vir meer inligting of volg Miraclesuit op Facebook www.facebook.com/pages/Miraclesuit-South-Africa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.