kategorieë: Blogs

Lyk goed (verpligtend)

Ek blaai gisteraand deur Baron Baptiste se boek Being of power. ‘n Opskrif vang my oog: Release the concern for looking good.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Goeie aarde, mag mens maar?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soos talle vroue van my ouderdom het ek ‘sorg dat jy goed lyk’ kleintyd saam met my fyngedrukte piesang ingekry. Nie ‘goed lyk’ soos in hoë hakke en ‘n ontwerpersnommertjie nie, hoewel lipstiffie – wat tot en met die laaste dag van die matriekeksamen verbied was – onmiddellik daarna verpligtend geword het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nee, ‘goed lyk’ soos in: wees die minste. Toon belangstelling. Vermy feitefoute, Engelse uitspraakfoute, datumfoute, berekeningsfoute. Onthou ander se verjaarsdae en name (en moenie, soos ek onlangs gedoen het, in ‘n oomblik van waansin vir Pete aan wie ek pas voorgestel is, sê “I am Pete” nie).

En dan is daar ‘goed lyk’ in ‘n vorm wat, toegegee, die afgelope paar jaar hier en daar gesneuwel het: hou die kroon op die man se kop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As ‘goed lyk’ beteken jy moet oral en altyd lyk of jy weet wat jy doen, is dit g’n wonder dat ek gisteraand met Baron Baptiste se bevrydende boek onder my kopkussing wou gaan slaap nie. Ek wonder: wat sou dit verg, hoe sou dit voel, om ‘the concern for looking good’ te laat gaan? Miskien kan ek dit ‘n uur per dag probeer en sien wat word.

Dalk is ek eersdaags werkloos en sosiaal ‘n uitgeworpene, hoewel ek darem lipstiffiegeld sal spaar. Alternatiewelik word ek binnekort ‘n being of power. Enigiemand wat wil meedoen aan die eksperiment?

Being of power
deur Baron Baptiste, Hay House, 2013.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.